Friday, May 4, 2012

Cabinet condemns police spat


2012-05-04 16:06


Related Links
Hawks captain appears on multiple charges
Police refuse to let go of Hawks
Petros 'too busy' for Mdluli plot
Randburg cops held over R3 000 bribe
Petros: Over 600 police arrested
Request for special Mdluli hearing denied
Mthethwa denies nepotism claims
Madonsela to probe acting top cop



Cape Town - Cabinet has condemned an ongoing public spat between senior police officers and urged them to stop, Performance Monitoring Minister Collins Chabane said on Friday.

"These public spats do not enhance government efforts to fight crime in the country," he told journalists, following Cabinet's regular fortnightly meeting.

"Cabinet further calls on the South African Police [Service] not to be distracted from fighting crime and [to] ensure law and order [are maintained] in the country."

Chabane said Cabinet expressed serious concern about the reported high-level cases of crime and police officers involved in wrongdoing. This was an affront to the confidence and trust people should have in the safety and security of the country.

Furthermore, Cabinet continued to particularly condemn the sexual violence perpetrated on women, teenagers, and young children.

Cabinet had set up a high-level ministerial team comprising the ministers of justice and constitutional development, police, communications, women, children and people with disabilities, home affairs, basic education, and health, to be convened by the ministry of social development.

This high-level team was tasked with devising both short and long-term measures to deal with the escalation of criminality in the country.

"Cabinet appeals to both local and international media to exercise greater sensitivity to the victims of violent crimes, particularly women and children, when reporting on this matter," Chabane said.



- SAPA

Read more on: police | collins chabane | crime

---------------------------------------------------------------------------


Mdluli ‘belowe’ hulp aan Zuma in brief
2012-05-05 23:46

Adriaan Basson
’n Maand voor aanklagte van bedrog en korrupsie teen hom laat vaar is, het lt.genl. Richard Mdluli, misdaadintelligensiebaas, ’n brief aan pres. Jacob Zuma geskryf wat vertolk kan word dat hy Zuma sou ondersteun vir ’n tweede presidentstermyn – mits sy (Mdluli se) skorsing opgehef word.

Dié skynbare onderneming kom voor in ’n eienaardige sinskonstruksie in dié brief. Mdluli het dit in November verlede jaar aan die president gestuur.

City Press, susterkoerant van Rapport, het ’n afskrif van die brief onder oë gehad wat ook gestuur is aan die polisieminister, Nathi Mthethwa, en lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende polisiehoof.

Mdluli skryf: “Daar word beweer (deur die ‘samesweerders’) dat ek die minister van polisie en die president van die land ondersteun. In die geval dat ek sou terugkeer werk toe, sal ek die president bystaan om volgende jaar sukses te behaal.”

Rapport kan voorts onthul:

* Adv. Glynnis Breytenbach, geskorste senior aanklaer, het twee weke gelede aan die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nuwe bewyse voorgelê wat Mdluli en andere by “uiters ernstige” misdade betrek;
* In haar memorandum aan die NVG het Breytenbach gesê die besluit om klagtes teen Mdluli terug te trek beteken in die praktyk die ander ernstige aantygings van die misbruik van staatsgeld word “gesmoor”; en
* Die polisie het ’n frontmaatskappy wat na bewering deur Mdluli en andere gebruik is om ’n misdaadintelligensie-fonds te plunder – dieselfde maatskappy wat gedurende apartheid deur die veiligheidspolisie gebruik is om plofstowwe te koop wat teen anti-apartheid-aktiviste gebruik is.

In Mdluli se brief aan Zuma beweer hy daar is ’n komplot teen hom wat deur senior polisielede gedryf word omdat hulle hom uit die kussings wil lig.

City Press het Mdluli gister spesifiek gevra om te verduidelik of hy in die brief aangebied het om Zuma te ondersteun in sy veldtog om in Desember as ANC-leier herkies te word.

Mdluli het verkies om nie te reageer óf dié vertolking te verwerp nie.

Mense in die ANC se binnekring en sekurokrate was in die war oor Mdluli se skynbare noue band met Zuma, aangesien hy geen struggle-agtergrond het nie en geïmpliseer word by die plundering van die fonds.

Bronne in die polisie wat die brief gesien het, stem saam die doel daarvan was om nader aan Zuma te kom.

“Dit gee mens ’n idee van waarom hy beskerm word,” het een gesê.

Mdluli was Dinsdag by dieselfde Cosatu-werkersdagbyeenkoms in Bo­tshabelo in die Vrystaat waar Zuma was. Hy het sy teenwoordigheid verklaar deur te sê hy is daar “as deel van my pligte as polisiebeampte”.

Mdluli voer in sy brief aan Zuma aan dat die geskorste nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele, die Gautengse polisiehoof, lt.genl. Mzandile Petros, die Valke se hoof, lt.genl. Anwa Dramat, en die polisie se speurhoof, lt.genl. Godfrey Lebeya, teen hom saamsweer.

Mdluli het die ontvangers van die brief gevra om die tugoptrede teen hom te laat vaar totdat die strafsaak teen hom afgehandel is. Dit wil voorkom of Mdluli se pleit geslaag het:

* Die aanklagte van bedrog en korrupsie is ’n maand later laat vaar;
* Die moordklag teen hom is in Februarie teruggetrek en ’n geregtelike doodsondersoek is gelas;
* Sy skorsing uit die polisie is in Maart opgehef ná ingryping deur Mthethwa en hy is ook in beheer geplaas van die polisie se BBP-eenheid wat ministers se bewegings beheer.

Breytenbach – die aanklaer wat die vervolging teen Mdluli gedryf het – is die afgelope week uit die NVG geskors op onverwante klagtes.

City Press het ’n afskrif van die memorandum gesien waarin Breytenbach vir adv. Nomgcobo Jiba, waarnemende NVG-hoof, vra om Mdluli weer aan te kla.

Breytenbach sê daarin Mdluli se saak word anders hanteer as dié van ander polisiebeamptes wat op soortgelyke klagtes aangekla is en dat die terugtrek van die aanklagte daarop neerkom dat die ander korrupsiebewerings teen die misdaadintelligensie-eenheid in die kiem gesmoor word. Sy voer ook aan nóg bewyse teen Mdluli en ander verdagtes het aan die lig gekom, maar die NVG se besluit “bring die strafregtelike ondersoek vir alle praktiese redes tot ’n einde”.

Die Mail & Guardian het Vrydag berig die Valke is besig om nog bewerings van korrupsie en bedrog om die intelligensie-eenheid se geheime fonds te ondersoek.

Brig. Lindela Mashigo, polisiewoordvoerder, het gesê dit is Mdluli se “reg om nie kommentaar te lewer nie” op die inhoud en bedoeling van die brief.

Mnr. Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het gesê die presidensie volstaan by sy vroeëre verklaring dat Zuma niks met Mdluli se terugkeer tot die polisie te make het nie.

Bykomende beriggewing deur Jacques Pauw en Carien du Plessis

No comments:

Post a Comment