Monday, July 21, 2014

EUGENE DE KOCK TAKES ACTION THROUGH THE MEDIA

No fear No Favour No Traitors in our midst......



11:00  21 July 2013 (South Africa)  Sonny Cox







PRIME EVIL HITS BACK













Eugene de Kock slaan terug in briewe uit die tronk: ‘Luister nou, generaal, onthou u die keer toe...’

2014-07-19 22:50


Generaal Johan van der Merwe
"Genl. Van der Merwe, my boodskap aan u is, om die ontslape skrywer Christoffel Coetzee aan te haal uit sy boek Op soek na ­Generaal Mannetjies Mentz: ‘Ek is nie weg nie, generaal, ek is nog net nie terug nie!’ ”
Dit is die woorde van kol. ­Eugene de Kock aan dié voormalige polisiekommissaris ná dié se ope brief die afgelope week waarin Van der Merwe sê daar is geen bewyse van enige aard dat enige destydse SAP-generaal geïmpliseer is in enige van die moorde waaraan De Kock skuldig bevind is nie.
In ’n brief aan Rapport skryf De Kock:
“U deel nie die publiek mee dat genl. ***********ten tyde van die Maponya-voorval reeds ’n senior vol kolonel was en later die nasionale hoof van die veiligheidspolisie se inspektoraat geword het nie.
“Ek, daarteen, was ’n junior kaptein wat in daardie stadium onder kol. ********* se bevel gedien het,” skryf De Kock.
“Niemand moet die indruk kry of dink dat ek aanspreeklikheid ontken of enige optredes en die gevolge daarvan probeer ontduik nie.”
De Kock skryf hoekom daar volgens hom geen getuienis is van hoëvlak-aandadigheid nie:
“Tydens die verskeie kommissies, en veral die Harms-kommissie, het generaal (toe nog brigadier)***********  alle verklarings opgestel. Ons moes net teken.
“Die polisie kon dit nie waag dat ons self verklarings opstel nie. Eiseregisters, reis- en verblyfregisters, dokumente soos veiligheidsverslae en elke moontlike bewys is opgespoor en verwyder of vernietig.
“Só wis ons alle rekords en bewysstukke uit om ons self te vrywaar.
“En dan later, met ironie wat dodelike gevolge het vir jouself, het jy self geen bewysstukke om jou eie saak te staaf nie.”
De Kock skryf: “Om te dink dat ek, omdat ek die minste geag is voor die verandering van regering, en daarna so prominent die sondebok moes word van die ou bestel, soveel geweet het.
“Hoeveel te meer weet u en die ander dan nie, generaal!
“Ek is gebruik om jou en al die ander soos jy se tuimel van ’n baie hoë hoogte te breek.”
De Kock gee dan ’n paar gevalle om Van der Merwe se “geheue te verfris”:

1. ‘LSD-eksperimente’
* “In 1979-’80 besoek u Koevoet se paar lede in Oshakati in die destydse Suidwes-Afrika. ***** sit aan die hoof van die tafel, die senior persoon in beheer van die gesprek.
“Sy Afrikaans is pragtig, suiwer en duidelik. Hy vertel ons hoe hy self met die  verbode LSD op van die gevangenes in veiligheidspolisie-aanhouding eksperimenteer.
“Om hulle te laat praat en inligting te laat gee.
“En reg oorkant my kyk ek na ’n kantoor met kaste en kaste vol blikkiesvleis wat met dubbel-dosisse tallium behandel is; net reg vir aanwending indien nodig.”

2. ’n Plofstof-krisis
* De Kock skryf die Oos-Rand-veiligheidstak “neem die ondervraging van ’n Inkatha-lid te ver” en hy sterf.
“Ek word genader vir hulp. Ek gee raad én verskaf Oosblok-vervaardigde springstof en ontstekers.
“Maar die poging om die toneel na sabotasie of poging tot terreur te laat lyk, loop heeltemal skeef weens die lede se gebrek aan ondervinding met springstof.
“Dit lei tot ’n krisis wat die veiligheidstak-lede gaan ontbloot. Ek nader genl. **********. Hy reël dat genl. ********** die springstof-toneel besoek, ondersoek en hanteer. Die saak word so ‘reggetrek’. Alles is reg. Probleem opgelos.”

3. Die ‘tube’-probleem

*
 “Laat een aand kry ek ’n oproep van kapt. **********, bevelvoerder van die veiligheidstak op**********. ‘Heeelp!!!’ gil hy oor die foon. ‘Ons het ’n man vermoor.’ Ek stuur twee ­lede van seksie C.1 om hulp te verleen. Ons is goed vir die vuilwerk! Die **********- veiligheidstak-vermoorde, Sweet Sambo, verdwyn.
“Hy is met die ‘tube’-metode vermoor. Die binneband word oor die mond en neus getrek.
“Suurstof-ontneming lewer, met enkele uitsonderings, al die gewenste inligting op.
“Genl. ********** is nie beskikbaar nie, en ek lig kol. ********** in wat op sy beurt genl.********** inlig.
“Hulle vlieg summier met die veiligheidstak-helikopter na die Skwamaans-polisiebasis naby Komatipoort op die pad na die dorpie Naas.
“Daar moet opgeruim word en ‘skoongemaak’ word.
“Kol. ******* lig my die volgende oggend in dat hulle nog die binneband met speeksel, slym en bloed aan op die toneel gekry het, sowel as ander bewysstukke.
“Geen vervolgings vind plaas nie. En die laaste keer wat ek met oud-kapt. ****** gepraat het, was hy baie tevrede met homself.”

4. ‘Toe trap hy op sy kop'

*
 De Kock vertel van ’n voorval in die destydse Wes-Transvaal waarin “drie of vier” mense doodgeskiet is.
“Lt. ********** loop na (die) gewonde, bejaarde man. Hy trap sy kop onder in ’n poel water vas en bly op sy kop staan totdat hy verdrink. Hierdie persone het geen wapens gehad nie, nog geen misdaad gepleeg nie.
“Maar die drie afgedeelde blanke lede van die seksie se vaders was almal baie senior lede van die S.A. Polisie se veiligheidstakke. Generaal, brigadier.
“Die ondersoek-beampte van die Pretoria moord-en-roof vind ernstige ongerymdhede en stel dit só in sy verslag. Maar genl. ********* ‘trek’ die saak reg. Alles is in die haak. Geen probleme nie. Hierdie groep manne van u word ook nie vervolg nie.”
De Kock sluit af:
“Ek wou nooit daar gaan en daardie kissie van Pandora oopmaak nie. Maar laat ek daardie kruis dan ook vir myself baie, baie ligter maak. U verplig my nou, na aanleiding van u aanhoudende druk, om daaroor te skryf. Ek gaan so maak, volledig en duidelik.”

Groete, 
Eugene A. de Kock (Gevangene 94616105)


* Name is op regsadvies verwyder. Lees ook die briewe in Weekliks (Jou beurt).

* Lees ook De Kock se brief aan Jacques Pauw.


RAPPORT


Eugene de Kock: ‘Ek het Japie nié doodgeslaan met ’n graaf nie!’

2014-07-19 22:50

Hy skryf aan Jacques Pauw:

Om nie u berig in Rapport verlede Sondag, asook die verklaring van genl. Johan van der Merwe, reg te stel nie sal beteken ek aanvaar onomwonde alles wat geskryf is.

Ek sal dus só beoordeel word, die leuen word dus die waarheid!

Ek is nie afgekeur vir taakmagopleiding vanweë my sig nie. Ek is uitgenooi om die eerste taakmag-groep daar te stel en die kursus by te woon.
Ek was reeds ’n lid van die informele groep wat later die taakmag sou word. In 1976 moes ek terselfdertyd gaan vir ’n offisierskursus. Ek het die offisierskursus gekies.
Ek het teen daardie tyd reeds al valskermspronge gedoen, met en sonder ’n bril.
U konsentreer nou al jare lank daarop dat ek ’n hakkelaar was en is.
Ek sal dit bly. U hamer daarop omdat dit so ’n erg gestigmatiseerde, sosiaal-pynlik, skaam, kwellende en teisterende gebrek is.
Dit is goed so. Hou so aan. Maar dit leer wel mense wat soos ek ’n spraakgebrek het eén ding: Ons sien en hoor meer omdat ons nie praat nie of gesprekke vermy. En met ons geheue skort daar niks!
Die naam “Prime Evil” het ek nog nooit gehad nie! Ek was nooit so bekend onder my eie lede of kollegas nie. Ook nie onder die gewapende magte of die publiek nie.
Dis ’n naam wat ú my gegee het. En u het dit klaarblyklik gekry by ’n goeie vriend van u wat toe al ernstige probleme gehad het met sy “crack”-kokaïen-deurweekte brein.
U is reg. Japie Maponya is dood. En hy ís vermoor. Ek het Japie Maponya nie met ’n graaf doodgeslaan nie! Ek het die familie by die hof gesien ten tye van hul getuienis én vir ’n geruime tyd by die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) waar dié geval stap vir stap, oomblik vir oomblik, uitgepluis is.
Ek het begrip daarvoor dat die Maponya-familie nie tevrede gaan wees of ooit sál wees nie. Geen familie kan ooit weer vrede of gemoedsrus hê ná so ’n voorval nie.
Japie Maponya is deur sers. Willem Albertus Nortjé doodgeskiet. Hy het ’n 9 mm-Parabellum-Berreta-pistool styf teen sy linkerslaap gedruk en die sneller getrek. Die koeël én die aandryfmiddel se gasse (verbrande en onverbrande kruit), het deur sy brein getrek. Kant tot kant.
Dít, mnr. Pauw, is die feite. U het hierdie feite tot u beskikking gehad. U het die hofverhoor bygewoon en ook die WVK. U het ook, volgens my inligting, al my lêers [oorspronklikes] én die oorspronklike hofdossiere ontvang.
Sers. Nortjé se beloning vir hierdie moorddaad was sy bevordering tot direkteur (gelykstaande aan die rang van brigadier) in die nasionale intelligensiediens van die huidige regeringsbestel.
Die Maponyas het niks!
Met salaris, subsidies en byvoordele word dir. Nortjé met ongeveer een miljoen rand per jaar vergoed.
Dit gaan goed met die Nortjés!
Nortjé en sy kollega, ******** was in Jozini, Noord-Natal, werksaam. Ek het hulle soontoe gestuur sodat ons kon begin voorberei vir plattelandse oorlogvoering, in besonder berg-oorlogvoering.
Ek self het teen die Botswana-grens begin werk. Met dáárdie ontplooiing was daar ’n geheul tussen kapt. *** **van seksie C.2 Hoofkantoor, verantwoordelik vir die identifisering, ondervraging en werwing van terroriste, en kapt. ******van Krugersdorp se veiligheidspolisie. 
Sonder my medewete of toestemming het kapt. *****my werkspan van Jozini na Krugersdorp herontplooi. Ek word nie ingelig nie.
Kapt. ***** was soms voorsitter van Trewits, die Teen-revolusionêre Inligting-teikensentrum. Dít het bestaan uit lede van die veiligheidspolisie, asook militêre en nasionale intelligensie.
Dit was die eerste van drie vlakke waar besluit is wie word doodgeskiet, ontvoer of wie bly leef. En selde, indien ooit, is hierdie komitee se aanbevelings afgekeur.
Die volgende twee vlakke was die KIK (Koördinerende Inligtingskomitee) en dan die staatsveiligheidsraad. Ná goedkeuring van so ’n optrede of operasie, word besluit aan watter groep of eenheid die taak opgedra sal word. Kapt. ***** word goed beloon vir sy dienste en word as ’n generaal aangestel in die nuwe bestel. Sy voordele oortref dié van ******.
Dit gaan goed met die ******!
Seksie C.1, waarvan ek bevelvoerder was, was gemoeid met teen-terrorisme; die skerp, onaangename, vuil en gevaarlike kant van operasies en was ook getaak met oorgrens-operasies.
Dié groepe het onder bevel gewerk van die bevelvoerder van die veiligheidstak van enige streek en slegs dié se take uitgevoer. Die enkele blankes by elke swart groep het as skakel-personeel opgetree tussen die veiligheidstaklede en die streeksbevelvoerder.
Hulle het hul opdragte van die streeks­bevel­voerder gekry of offisier wat deur hom aangewys is, en slegs leiding geneem in gevegte tussen terroriste en die veiligheidspolisie.
Dit gaan goed met die *****!

Dit was vir doodsekerte

De Kock het in Julie 1999 tydens sy amnestie-aansoek voor die WVK getuig dat hy Japie Maponya twee keer met ’n graaf oor die kop geslaan het nadat Willie Nortjé hom geskiet het. “Dit was standaardpraktyk om seker te maak mense was dood nadat hulle geskiet is,” het De Kock gesê.

Volgens Jacques Pauw het die veroordeelde polisie-moordenaar Ferdi Barnard die naam “Prime Evil” aan De Kock gegee. “Barnard het self daarvan vertel in die dokumentêr Prime Evil wat ek in 1996 gemaak het,” sê Pauw.


RAPPORT



How could de Klerk not know of Third Force? — ANC

Wednesday, March 30, 1994 - 10:00
By Norm Dixon
JOHANNESBURG — The African National Congress has called on the National Party government and its leader, F.W. de Klerk, to come clean about its knowledge of the criminal political activities planned and committed by the most senior officers of the South African Police (SAP) in league with the KwaZulu Police (KZP) and the Inkatha Freedom Party. The charges include large scale gun-running, murder and fomenting random violence on trains and in townships.
"The question that all South Africans should ask themselves is did President de Klerk and [law and order] minister [Hernus] Kriel in fact know about the activities of senior members of the police — in fact how could they not have known?", the ANC demanded.
On March 18, Justice Richard Goldstone released an interim report revealing that the SAP's top commanders instigated political violence that has claimed the lives of more than 15,000 people since 1989. The report is based on information supplied by a security police officer identified only as "Q".
The ANC said that the report proved "the existence of a sinister conspiracy committed to the destabilisation of the country and the subversion of the transition to democracy. It confirms the charge the ANC has made many times that there exists a Third Force engaged in murder and other criminal activities in pursuit of anti-democratic aims."
Goldstone revealed that the SAP's Unit C1 — later renamed C10 — was under the control of Colonel Eugene de Kock from 1989 until he left the SAP last year. Overall command of the unit's operations was in the hands of the SAP's second highest officer, deputy commissioner Lieutenant General Basie Smit, and the SAP's head of counter-intelligence, Major General Krappies Engelbrecht. Another high-ranking cop, Lieutenant General Johan le Roux, was directly involved in the operations.
The Goldstone Commission found evidence that Unit C10 was involved in:
  • The manufacture of guns at secret premises near Pretoria, which were then distributed to Inkatha leaders in the PWV region. Acting as intermediary between C10 and Inkatha was Dries "Brood" van Heerden, chief of security for Amalgamated Banks of South Africa, one of the country's major banks. It is alleged that van Heerden employed only Inkatha Freedom Party members as security guards in ABSA banks throughout Johannesburg, and that they were a virtual private army.
  • The distribution of AK-47s, grenades and rocket launchers from the former Koevoet unit in Namibia and from Mozambique to Inkatha leaders. The report recounted that Inkatha Transvaal leader Themba Khoza was arrested at a roadblock while driving to a hostel in Sebokeng in 1990 after AK-47s were found in his car's boot. Unit C10 arranged for his bail and legal fees to be paid. Khoza was acquitted.
  • De Kock and a member of the SAP's security branch, Willem Coetzee, acting on orders from Basie Smit and Krappies Engelbrecht, orchestrated random train violence in the PWV. Askaris (Umkhonto we Sizwe fighters "turned" by the police) and van Heerden's ABSA/Inkatha hit men, armed by C10, entered trains to hack and shoot people between stations. The intention was to ignite conflict between township residents and IFP-aligned hostel dwellers.
  • After his retirement, de Kock continued to supply arms to Inkatha in collaboration with the SAP via an arms company, Honeybadger Arms and Ammunition. De Kock, whose nickname is "Prime Evil", has been linked to the violent or suspicious deaths of at least 13 liberation movement activists during the 1980s.
  • Former KwaZulu police commissioner Major General Jack Buchner was deeply involved in the gun-running network. The commission revealed his unsavoury background. He was in the Rhodesian army in the 1960s, then joined the SAP security branch, where he was in charge of the work of askaris. While he was head of the security police in Natal from 1987 to 1989, there was a huge surge in political violence and many allegations of police complicity with the IFP. He became KwaZulu Police Commissioner in 1990 and retired in 1992.
  • Inkatha members were trained in the use of firearms and grenades. The commission said there was "convincing" evidence that the KwaZulu Police "have been and still are involved in hit squad activities in Natal and the Transvaal". A subcommittee of the commission found that many of the KZP members involved had been trained by South African security forces in unconventional warfare in Namibia's Caprivi Strip in 1986.
  • The subcommittee found that South Africa's top police officer, Police Commissioner General Johan van der Merwe, twice blocked investigations of allegations of police misconduct in Natal.
  • Upon learning that the commission was investigating Unit C10's activities, Major General Krappies Engelbrecht ordered the destruction of all documents and files related to involvement with the IFP. He also ordered that unit operatives "obtain any information which could be used to compromise Judge Goldstone for the purpose of 'persuading' him to cease the investigation".
Following the revelations, ANC national chairperson Thabo Mbeki said: "From what we know, which is not in these reports, the investigations are going to reach rather sensitive people ... in the sense that they have actively been involved in the carrying out of this campaign of destabilisation".
Transkei leader and ANC candidate Major General Bantu Holomisa went further and said what most people here now suspect. He called for the dismissal of law and order minister Hernus Kriel, who is also the NP's candidate for premier of Western Cape Province. "Kriel must resign, now that the killing machinery has been traced to his doorstep."
Holomisa added that de Klerk, as head of the State Security Council, must have known about "the general's dirty tricks".
The commission found that Colonel de Kock, other members of Unit C10 and several askaris were given golden handshakes of between 400,000 and 1.2 million rand by the SAP "to keep quiet" about their activities. De Kock pocketed the 1.2 million. The payments were approved by de Klerk's cabinet.
De Klerk has for many years dismissed the existence of the Third Force despite evidence from former security police officer Dirk Coetzee in 1989, and former Inkatha official Bruce Anderson in 1992, each identifying the same senior police officers. De Klerk has ignored eyewitness accounts by survivors of violence, and by respected local and foreign journalists, of the SAP escorting Inkatha impis to and from attacks.
De Klerk refused to take action, claiming that successive investigations failed to produce conclusive evidence of the existence of a Third Force. The naming of Major General Krappies Engelbrecht as jointly in command of Unit C10 may explain this. Engelbrecht, as head of the SAP's counter-intelligence department, was in charge of all major investigations into state involvement in political violence and assassinations of anti-apartheid activists. This is in spite of his having been named by Dirk Coetzee in 1989 as involved in a police hit squad and the release of an official report in 1992 that said Engelbrecht had been accused at least three times of covering up hit squad activity.
On March 23, 11 of the police named in the commission report, including Krappies Engelbrecht, were suspended "with full pay and privileges" by police commissioner Johan van der Merwe. Van der Merwe grudgingly said he had "conceded to the wishes of the state president". Basie Smit and Johan le Roux, despite being put on compulsory leave by de Klerk on March 18, have defied the president and remained at their posts pending "discussions" with Hernus Kriel.
An international panel of investigators will arrive soon to work through "mountains" of unpublished evidence. Max du Preez, the former editor of the progressive Afrikaans-language weekly Vrye Weekblad, which broke many stories on the Third Force over the years, told Radio Metro on March 22 that the Goldstone revelations "are just the eyes of the crocodile. The rest of the crocodile is under the water."
The ANC said on March 21 that "the NP government and the police have persisted in blaming political intolerance between the ANC and IFP for the violence" while "they were not only promoting the violence but using the intolerance argument to conceal their own involvement ... The NP cannot be trusted to end the violence. The very people that they have relied on to address the violence are, according to the Goldstone Commission, the ones involved in provoking violence ... Clearly the NP cannot be trusted with peace or any other aspect of our lives."


GREEN LEFT WEEKLY


COMMENTS BY SONNY


Eugene de Kock, one of South Africa's most feared Soldier's of the BUSH WAR was denied parole and has now decided to expose some of the traitors who want him kept behind bars!
Eugene went on to become the commander of VLAKPLAAS; 0ne of the Security Police death camps.
He was sentenced to a lengthy imprisonment and stood alone in the dock.
He was left to languish in prison indefinitely - ALONE.
MANY BOOKS HAVE BEEN WRITTEN ON THIS SUBJECT AND THE TIME IN HISTORY HAS NOW COME TO EXPOSE HIS DETRACTORS WHO WALKED AWAY WITH A SUBSTANTIAL "SECRET FUND! - JACQUES PAUW - PRIME EVIL.
CLIVE DERBY-LEWIS IS ANOTHER EX SA SOLDIER WHO WAS LEFT OUT TO DRY - ALONE!
GENL KRAPPIES ENGELBRECHT WAS ANOTHER OF EUGENE DE KOCK'S DETRACTORS.
Goldstone revealed that the SAP's Unit C1 — later renamed C10 — was under the control of Colonel Eugene de Kock from 1989 until he left the SAP last year.
HE NEVER CARRIED OUT ORDERS WITHOUT THE KNOWLEDGE AND CONSENT OF HIS SUPERIORS IN THE SECURITY POLICE IN THESE INSTANCES.




No comments:

Post a Comment