Saturday, May 23, 2015

Moord in 1995: ‘Hy lyk verlig oor arrestasie’

 24 Mei 2015 - RAPPORT JANA VAN DER MERWE



http://www.netwerk24.com/nuus/2015-05-24-kyk-toe-kyk-hy-vir-my-en-ek-kyk-vir-hom-en-toe-skiet-hy-my-pa




KYK: ‘Toe kyk hy vir my. En ek kyk vir hom. En toe skiet hy my pa’

Deur Jana van der Merwe Sondag 24 Mei 2015 05:10

Vrou sal kaper se gesig nooit vergeet
Die oomblik toe Samantha Bennett ná al die jare weer in die oë van haar pa se vermeende moordenaar kyk, sal haar altyd bybly.
Net soos daardie oomblik toe haar pa, Lee (46), twee dekades gelede reg langs haar op die inrit van hul huis in Parkmore, Sandton, met ’n enkele skoot in die kop doodgeskiet is.
Samantha (29), wat die afgelope week van Engeland gekom het om teen die vermeende kaper te getuig, was destyds ’n blonde sproetgesigmeisie van tien jaar oud.
Die dag ná haar roerende getuienis in die hooggeregshof in Johannesburg het sy in ’n openhartige onderhoud met Rapport vertel oor haar besluit om die verlede te konfronteer.
“Dit het my ’n bietjie siek laat voel toe ek hom sien, maar dit was goed op ’n manier, want ek was bekommerd hy gaan anders lyk en dat ek hom nie gaan onthou nie. Maar toe ek hom sien, het dit my dadelik teruggeneem na daardie aand,” sê sy.
“Ek het nooit die knal van die skoot vergeet nie, ek het nooit die reuk vergeet nie, nie my pa se bloed op my skoot óf al die glas nie . . .”
Die pa en dogter het die aand in hul blou Nissan Sani-4X4-bakkie van ­Samantha se gimnastiekklas teruggekeer. Toe hulle by hul inrit indraai, het die aanvallers toegeslaan.
Samantha vermoed hulle het nie besef daar is ’n kind in die voertuig nie.
“Toe kyk hy vir my. En ek kyk vir hom en toe skiet hy my pa,” het sy getuig oor die oomblik waarop haar lewe soos wat sy dit geken het, verpletter is.
Oudspeurders van die destydse Brixtonse moord-en-roofeenheid het ook die afgelope week getuig.


Ao. Billy Cox, wat Samantha se verklaring kort voor middernag in die Bennetts se huis afgeneem het, het selfs nog sy sakboekie met sy notas van destyds by hom in die hof gehad.
Oudbrig. Piet Byleveld het getuig hoe die jong Samantha sonder aarseling in 1996 vir Martin Ngema op ’n uitkenningsparade as haar pa se skieter uitgewys het.
Samantha se ma, Sally, het dieselfde jaar nog met Samantha en haar ouer broer na Engeland geïmmigreer om ’n nuwe lewe te bou.
Tot in 2013 het hulle geglo Ngema is in die tronk aan vigs dood.
Maar in werklikheid het hy in 1997 al uit die tronk ontsnap, kort voordat sy verhoor sou begin.
Die staat voer aan hy het ná sy ontsnapping sy eie doodsertifikaat vervals en sy identiteit verander.
“Wyle” Martin Nkosenye Ngema het glo “Alfred Sibusiso Ngema” geword.
In November 2013 het die polisie “Alfred Ngema” in Vryheid, KwaZulu-Natal op ’n klag van roekelose en nalatige bestuur aangekeer en ontdek sy vingerafdrukke stem ooreen met die van Martin Ngema wat destyds in die kapers se wegkommotor gevind is.
Ngema was teen dié tyd ’n suksesvolle motorverkoopsman.
Die nuus was ’n skok vir Sally Bennett en sy het maande gewag voordat sy haar kinders daarvan vertel het.
“Ek het net gedink, wat is die punt? Dit gaan nie hul pappa terugbring nie,” sê sy. Maar toe Samantha hoor sy kan in die hofsaak getuig, het sy dadelik ingestem.
“Ek wil hê hy moet tronk toe gaan. Hy verdien nie om ’n normale lewe met sy gesin te hê nie. Hy het ons ­lewens verwoes.”
 Ngema ontken skuld op aanklagte van moord, poging tot roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en die besit van gesteelde goe­dere.

RAPPORT REDAKSIE - A/o Billy Cox - vernedering...? Ek was Piet Byleveld se Superior! 21 November 1995 was ek n Speurder Luitenant......in bevel van die moord toneel! Ek het uit die SAPD op 31 Januarie 1997 as Speurder Kaptein uitgetree? Waar is die feite? Geen RAPPORT meer vir my nie, DANKIE!
EK HOOP DIE BESKULDIGDE IS NOG OP MAANDAG 25 MEI 2015 NOG VOOR DIE HOF!


A/o Billy Cox - vernedering...? Ek was Piet Byleveld se Superior! 21 November 1995 was ek n Speurder Luitenant......in bevel van die moord toneel! Ek het uit die SAPD op 31 Januarie 1997 as Speurder Kaptein uitgetree? Waar is die feite? Geen RAPPORT meer vir my nie, DANKIE!
EK HOOP DIE BESKULDIGDE IS NOG OP MAANDAG 25 MEI 2015 NOG VOOR DIE HOF!

Hi Billy,

Ons stel dit reg, ook dadelik op ons webwerf. Ek vra om verskoning vir die fout.


Jana






DIE SAAK DUUR VOORT OP MAANDAG 25 MEI 2015.

6 comments:

  1. WHEN EGO MISTS YOUR VISION - CORRUPTION BEGINS! - CONFUCIUS......

    ReplyDelete
  2. Brixton Moord Kyk net Noord en Skiet voort ! Julle was TOPS en kan vandag nog die ding doen! Kennis is MAG ! Kom uit aftrede en ruk die Polise reg ! Hulle verloor die oorlog teen die bekamping van Misdaad!

    ReplyDelete
  3. “On the night of the murder I was at home, asleep. The characters in my dream can vouch for me.”
    ― Jarod Kintz,

    ReplyDelete
  4. PIET BYLEVELD IS A FALSE MYTH!!

    HE SHOULD HAVE STUCK TO FARMING STRAWBERRIES....!

    ReplyDelete


  5. Nice blog...Very useful information is providing by ur blog..here is a way to find.

    Divorce Attorneys Pretoria

    ReplyDelete