Thursday, June 2, 2011

White Coloured Black War Vets get excluded from Bill






‘SAW-lede is g’n veterane’

Deur: Pieter du Toit
2011-05-31 22:34
Kaapstad. – Die regering wil dienspligtiges van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) daarvan uitsluit om ingevolge die voorgestelde Wet op Militêre Veterane vir ’n reeks voordele in aanmerking te kom.

Mnr. Thabang Makwetla, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, het aan die portefeuljekomitee oor verdediging gesê dienspligtiges is nie as deel van die SAW se staandemag geag nie en hulle word dus nie ingesluit by die wetlike definisie van “militêre veteraan” nie.

Mnr. Ntime Skhosana, Makwetla se woordvoerder, het gister bevestig die departement wag op ’n regsmening oor die grondwetlikheid van die uitsluiting. “Onthou, dienspligtiges het net twee jaar gedien en is dan ontslaan om terug te gaan universiteit toe of om te gaan werk. Dit (hul dienstyd) het hulle nie so beïnvloed soos staandemaglede nie.”

Die wetsontwerp word tans deur die parlement oorweeg en maak voorsiening vir voordele in die vorm van behuising, gesondheid, vervoer en sakegeleenthede.

Benewens dienspligtiges, sal vrywilligers ook nie vir voordele in aanmerking kom nie.

Lt.kol. (afg.) Godfrey Giles, voorsitter van die raad vir veterane-organisasies (CMVO) en ondervoorsitter van die nasionale sambreelliggaam vir veterane, Samva, sê hy is “verpletter” deur Makwetla se standpunt en meen dit kom daarop neer om wit mense uit te sluit.

“Dis twak. Dis absoluut pateties. Dit was nie deel van enige bespreking tydens die konsultasieproses nie en is beslis nie in die gees van wat die wetgewing poog nie. Dit dui op ’n baie swak begrip van oudgediendes se ware behoeftes,” het hy gesê.

“Om te sê hulle het net twee jaar gedien is belaglik. Dienspligtiges het nog jare daarna kampe gedoen.”

Hy het ook verbaas gereageer op Skhosana se uitlating en gesê sy organisasie beskik oor ’n databasis van minstens 7 500 hulpbehoewende voormalige dienspligtiges. “En die regering meen diensplig ‘het hulle nie so erg beïnvloed nie’? Daar is mense wat op die grens was en nou in bushaltes slaap. Die CMVO-bestuur sal ’n noodvergadering hou. Ons gaan dit nie hier laat nie.”

Makwetla het verlede week aan LP’s gesê dienspligtiges is nie deur hul dienstydperk benadeel nie en die regering glo nie hulle is op staatshulp geregtig nie. Logieserwys kan die staat nie daarvoor verantwoordelik gehou word indien dienspligtiges vandag sukkel nie. In teenstelling daarmee het staandemaglede en lede van nie-statutêre magte, soos Apla en MK, heeltyds gedien.

Mnr. Makhabe Maziya (ANC-LP) het bygevoeg dienspligtiges is soos stukwerkers: Hulle het nie dieselfde verantwoordelikhede as permanente werknemers nie en kan dus nie vir dieselfde voordele in aanmerking kom nie.

Giles het gesê die regering se planne sal ook verreikende gevolge vir die vrywillige Suid-Afrikaanse Kaapse Korps (SAKK) hê, wat onlangs deur me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, as ’n veteraanorganisasie erken is. “Die wit dienspligtiges én die bruin Kaapse Korps word dus uitgesluit.”

Comments by Sonny

This should go to the Equalities Court for Judgement....!

The ANC is up to dirty tricks again.

Most MK's in exile played no role in the Border Wars!

2 comments:

  1. Mr Makwetla, the Deputy Minister of Defence and Military Veterans. Is he Lindiwe Sisulu's tea boy?

    Who appointed this Makwetla clown!!

    ReplyDelete
  2. Deputy Minister Makwetla attends Portfolio Committee meeting on Defence and Military Veterans
    24 May 2011

    The Deputy Minister of Defence and Military Veterans, Mr Thabang Makwetla, will tomorrow, 25 May 2011, attend the Portfolio Committee meeting on Defence and Military Veterans.

    The Portfolio Committee on Defence and Military Veterans is going to discuss the Military Veterans Bill clause by clause. This process will go on until June 2011.

    The Department of Military Veterans is also expected to respond to public hearings held last month.


    The meeting will take place as follows:
    Date: 25 May 2011
    Venue: Room 539, New Wing, Parliament
    Time: 09h00

    Enquiries
    Ntime Skhosana
    Mobile: 082 496 6875
    Issued by: Department of Defence
    24 May 2011

    WHO ATTENDED THESE CRUCIAL MEETINGS IN CAPE TOWN?

    ReplyDelete