Sunday, April 1, 2012

Ere-kolonel 'n 'verneuker'









2012-03-31 23:17
Artikelopsies Deel Kry Rapport op

“Kolonel” Prins Sam Hamade in een van die talle uniforms waarmee hy op sy Facebook-

Jacques Pauw

’n Flambojante “ere-kolonel” in die weermag wat beweer hy is ’n Libanese prins, het glo vir sy seuntjie ’n militêre vertoning met soldate en ’n pantservoertuig by sy luuksemeenthuiskompleks gereël.

Inwoners van Glen Erasmia in Kempton Park aan die Oos-Rand sê toe hulle een Saterdag in Maart hul oë uitvee, daag ’n lorrievrag soldate en ’n Eland-pantserkar op hul netjies gesnyde grasperk op.

Die inwoners het oopmond toegekyk terwyl soldate oorlogspeletjies uitvoer – alles tot vermaak van die “Libanese prins” se kinders en hul maatjies.

Dié “erekolonel”, prins Sam Hamade, is ’n voormalige nagklub-uitsmyter en skuldinvorderaar wat verbind word met verskeie karakters in die onderwêreld.

Nogtans beweer hy me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het hom onlangs as ere-kolonel van die Regiment Oos-Rand aangestel.

Lt.kol Rodney Steele, bevelvoerder van dié regiment, bevestig dat Steele sy ere-kolonel is en sê hy speel ’n “onmisbare rol”.
Hamade het die afgelope week aan Rapport beweer:
* Hy is ’n multi-miljoenêr en lid van Libanon se koningsfamilie;
* Hy ken pres. Jacob Zuma goed;
* Hy is ’n ondergrondse en belangrike polisie-agent; en
* Hy is ’n geheime lid van die BBP-beskermingseenheid.

Die Libanees gebore Hamade is in 2007 in hegtenis geneem op klagte wat verband gehou het met moord en geweld.

Voormalige vennote van Hamade beskryf hom as ’n skaduagtige onderwêreld-karakter en verneuker met bande met van die land se mees berugte bendeleiers.

Hamade ontken dit, maar gee toe dat die vermoorde Kaapse bende­leier en uitsmyter-baas Cyril Beeka ’n vriend en vennoot van hom was totdat hulle ’n uitval gehad het.

Hy erken ook hy is verskeie kere in hegtenis geneem op klagte wat met geweld verband gehou het, maar sê hy is nog nooit skuldig bevind nie. Sy inhegtenisneming op ’n aanklag van moord in 2007 was ’n “polisiefoefie” om sy ware identiteit as polisie-agent geheim te hou.

Hamade spog met ’n vloot sportmotors, waaronder ’n Lamborghini en ’n Ferrari.

Hy beweer voorts hy besit vyf huise in die Glen Erasmia-kompleks, asook ’n string ander ­eiendomme.

Sy Facebook-blad wys hoe hy, geklee in ’n verskeidenheid militêre uniforms en met pistole aan sy sy, voor sy luukse huise rondstaan.

Hy werk glo net drie maande per jaar, het ’n familie-fortuin geërf, is lid van een van Libanon se vier koninklike families – “die een wat van die berge afkomstig is” – en besit die grootste olyfolie-fabriek in daardie land.

Rapport kon geen bewyse vind dat so ’n familie in Libanon bestaan nie.

Volgens Steele het Hamade toestemming gehad om die militêre vertoning vir die kinders op die grasperke van Glen Erasmia te hou.

Die regiment hou glo dikwels sulke vertonings vir kinders.

Ander inwoners van die kompleks sê hulle sien Hamade dikwels in sy kolonel-uniform en dat hy beweer hy is ’n lid van militêre intelligensie.

Hy het al aan verskeie van hulle ’n kluis gewys wat met kontant volgestop is.

Mnr. Chad Thomas, ’n voorma­lige weermagsoldaat en reserwedienslid, het verlede week aan Sisulu geskryf om te sê Hamade se aanstelling “maak ’n belaglikheid van die professionalisme binne die weermag”.

Thomas, ’n forensiese ondersoekbeampte, sê hy is bekommerd dat iemand wat bande met georganiseerde misdaad het as ’n ere-kolonel aangestel is.

Thomas sê Steele het hom die afgelope week gebel en gesê hy sal hom “regsien” en dat hy hom inmeng in die werk van die regiment.

Hamade kap terug dat hy Thomas vir R3 miljoen vir naamskending gaan dagvaar.

Kol. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, ontken dat Hamade lid van die BBP-beskermingseenheid is. “Ons sal hom nooit aanstel nie.”

Mnr. Siphiwe Dlamini, weermagwoordvoerder, sê die weermag het geen inligting dat prins Sam Hamade ooit as ere-kolonel aangestel is nie.

“Daar is nie so ’n naam op ons databasis van ere-kolonels wat onlangs aangestel is of reeds dien nie.”

Rapport

Kommentaar deur Sonny

Binnekort sal Suid-Afrika n Ere-Staatspresident bekostig!!

ONS VIR JOU SANDF!!

AS DIT NIE 1 APRIL 2012 WAS NIE, SOU EK DINK HIERDIE BERIG IS SNERT/BOG/TWAK!!

Ek sou eerder vir Lydia Guevara as n Ere-Kolonel in die SANWM sien!

Wortels is meer eetbaar as goud!

4 comments:

  1. GADDAFI'S missing son......?

    ReplyDelete
  2. The Wannabees of this world unite........

    Imagine if we were all sane and proper....

    ReplyDelete