Monday, September 3, 2012

Griekwastad: Saak uitgestel tot 1 Oktober


2012-09-03 14:30 Artikelopsies Deel Kry Beeld op Verwante skakels Seun 'lewe goed' in tronk 'Evalueer Griekwastad-verdagte' Vas oor kruit op klere Charné Kemp KIMBERLEY. – Die 16-jarige verdagte in die Steenkamp-moordsaak is Maandag in die landdroshof in Griekwastad borgtog van R5 000 toegestaan. Landdros Sipiwe Maswi het gesê omdat die staat aanvoer die moorde is vooraf beplan, is dit 'n skedule 6-misdryf en is dit moeiliker om borgtog te kry. Hy het ook gesê die seun se verdediging moes buitengewone omstandighede in die hof bewys sodat die verdagte borg kon kry. Nadat hy alle tersaaklike getuienis oorweeg het, het hy besluit dit is in die belang van geregtigheid dat die verdagte op borgtog vrygelaat word. Die seun is nie 'n vlugrisiko nie, ontvang skoolopleiding en sal nie met getuies inmeng nie. Die saak is tot 1 Oktober uitgestel Die seun se regspan, adv. Willem Coetzee en Stoffel de Jager, het die seun 'n paar keer die afgelope week in sy sel in die Galeshewe-polisiekantoor besoek. De Jager het vroeër gesê die seun is rustig, kalm en voorbereid op die uitspraak deur landdros Maswi. Bennie Heckroodt, ’n gesinsvriend, het gesê dit gaan goed met die seun. Hy was aanvanklik omgekrap oor sy aanhouding vir langer as ’n week, maar het dit aanvaar. “Hy is baie aanpasbaar. Ons is almal maar senuweeagtig oor die landdros se uitspraak. Ons praat mekaar moed in.” Heckroodt sê hy is oorweldig deur die reaksie nadat hy mense gevra het om aan die seun te skryf. "’n Mens raak maar sinies, maar ek het besef daar is baie goeie mense. Almal wens hom sterkte toe. Daar is ook ’n paar negatiewe briewe.” Die Heckroodt-gesin het die seun vandeesweek elke dag besoek en vir hom kos gebring. “ ’n Mens aanvaar die lewe maar so. Daar sal altyd iets wees wat jou lewe beïnvloed.” Gerugte dat die seun vandeesweek die plaas saam met sy regspan besoek het, is nie waar nie, het sy regsverteenwoordigers en die bure wat die sleutels van die plaas hou, gesê. In die borgtogaansoek verlede week het die verdediging gekeer dat ’n lang verklaring van kol. Dick de Waal, provinsiale hoof van die Valke en die speurder wat die moorde ondersoek, asook drie foto-albums oor die moorde in die hof bekend gemaak word, omdat die toelaatbaarheid van alles moontlik betwis kan word. De Waal het gedurende die aansoek om borgtog gesê die ondersoek sal binne weke voltooi wees. ’n Paar verklarings moet nog afgeneem en enkele “los drade vasgemaak word”. Hy het gesê die dossier sal, sodra dit gereed is, aan die verdediging oorhandig word. Adv. J.J. Cloete het gesê die seun sal in die laaste twee weke van die jaar in die hooggeregshof in Kimberley verhoor kan word. Die verdediging moet nog aandui of hy akkoord gaan met die verhoor in Desember 2012. Volksblad Seun 'lewe goed' in tronk 2012-08-30 06:51 Artikelopsies Deel Kry Beeld op Verwante skakels 'Evalueer Griekwastad-verdagte' Griekwastad: Borgtog-aansoek uitgestel Charné Kemp KIMBERLEY. – Die tiener wat van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad aangekla is, kry meer as genoeg lekkernye, kos en besoeke van vriende en familie in die aanhoudingselle in die Galeshewe-polisiekantoor. Só sê ’n familievriend van die aangehoudene. Die seun (16) word, hangende die uitspraak in sy aansoek om borgtog Maandag, in die jeugselle in Galeshewe aangehou. “Sy omstandighede is baie goed. Hy kry geensins swaar nie en het meer as genoeg kontak met verskeie vriende, familielede, vreemdelinge en regsmense terwyl hy in aanhouding is. “Die seun dra sy eie klere en het elke dag ’n ander uitrusting aan. Hy mag nie ’n gordel by hom hê of skoene met veters dra nie. Hy is in ’n sel met toilet, stort en wasbak met koue water." Landdros Sipiwe Maswi sal Maandag in die hof op Griekwastad sê of die seun se aansoek om borgtog suksesvol was of nie. Adv. Willem Coetzee, vir die verdediging, het verlede week in die landdroshof op Griekwastad aangevoer dat hy nie ’n bedreiging is vir die samelewing en borgtog behoort te kry. Adv. Hannes Cloete, staatsaanklaer, het verskil en gesê niemand kan veilig voel in die kind se teenwoordigheid nie. - Volksblad Vas oor kruit op klere 'Evalueer Griekwastad-verdagte' 2012-08-27 06:31 Artikelopsies Deel Kry Beeld op Verwante skakels 9 skote om seker te maak 'Glimlag toe hy nuus oor radio hoor' Jana van der Merwe DIE minderjarige beskuldigde in die driedubbele Griekwastad-moordsaak moet deeglik sielkundig geëvalueer word voordat hy op borgtog vrygelaat word. Só sê ’n psigiater met jare se forensiese ervaring. Deon (44), Christel (43) en Marthella Steenkamp (14) is op Goeie Vrydag vanjaar op hul plaas doodgeskiet. Dié psigiater, wie se naam om etiese redes nie genoem kan word nie, sê ’n kliniese sielkundige of psigiater met spesifiek forensiese kundigheid en ervaring is nodig om só ’n evaluasie volwaardig te kan uitvoer. Die beweerde afwesigheid van trauma by die seun, skuldig óf onskuldig, is egter vir hom ’n belangrike kwessie wat aandag verdien. Volksblad 9 skote om seker te maak 2012-08-24 21:01 Artikelopsies Deel Kry Beeld op Verwante skakels Verdagte 'glimlag toe hy nuus oor radio hoor' Griekwastad: Borgtog-aansoek uitgestel Griekwastad-moorde: staat staan borgtog teen Griekwastad-moorde: minderjarige in hegtenis Charne Kemp Griekwastad. – Deon, Christel en Marthella Steenkamp is tereggestel deur iemand wat wou verseker hulle is dood. Nadat hulle met twee vuurwapens geskiet is, is pa en dogter se agterkoppe met ’n stomp voorwerp verbrysel. So het kol. Dick de Waal, bevelvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, gister getuig in die 16-jarige seun se borgtogaansoek wat van die moorde aangekla word. De Waal het getuig die Steenkamps is op Goeie Vrydag vanjaar eers met ’n .357-rewolwer doodgeskiet en daarna weer met ’n .22-geweer geskiet. Marthella is vier keer geskiet – twee keer in die kop en twee keer in die lyf. Deon is in die regterskouer, regtersy en linkeroor geskiet en Christel in die nek en bors. De Waal het getuig daar is sterk getuienis, insluitend ’n erkenning deur die seun, dat hy benewens die oorledenes die enigste mens op die plaas was. Die oggend ná die moorde het hy in BBM-boodskappe aan ’n vriendin gesê hy is ’n verdagte omdat net sy vingerafdrukke op die toneel is. De Waal het getuig die polisie se forensiese ondersoek en die insameling van bewysstukke is baie deeglik gedoen. Sowat 72 DNS-toetse en vatmerk-DNS-toetse is gedoen. Uit toetse op ’n geskeurde T-hemp van die seun is spatsels van Marthella se bloed gekry wat op ’n ernstige worsteling dui. Daar is monsters geneem van die seun se naelskraapsels. Die hemp wat hy die aand van die moorde aangehad het, is ook vir kruit getoets. De Waal het getuig die seun het homself die aand van die moorde deurentyd verontskuldig. Hy het krapmerke aan sy nek, bloed aan sy linkerbeen en bloederigheid aan sy ken gehad. Daar is vasgestel dit was Marthella se bloed. Toe die seun ná sy inhegtenisneming van Bloemfontein na Kimberley gebring is, was daar ’n nuusberig daaroor op die motorradio. Die kind het toe geglimlag, het De Waal getuig. Adv. J.J. Cloete, staatsaanklaer, het betoog die seun moet in ’n jeugsentrum in Kimberley aangehou word waar hy sy skoolloopbaan kan voortsit. Dit is ook nie ’n uitgemaakte saak dat sy skool hom weer gaan toelaat nie. “Die minderjarige het verkies om nie te getuig of ’n verklaring of bewyse van onskuld te lewer nie. Sy getuies het ook nie gesê hy is onskuldig nie,” het Cloete gesê. Adv. Willem Coetzee, vir die tiener, het betoog die seun sal nie vlug of met die ondersoek inmeng nie. Sedert hy op 16 Mei ingelig is hy is ’n verdagte, het sy gedrag geensins verander nie. Hy het ná die moorde verkies om terug te gaan skool toe. Hy het sedertdien ook toegang tot vuurwapens gehad en gaan jag, maar niks onheilspellend het gebeur nie. Landdros Sipiwe Maswi het die borgtogaansoek tot 3 September uitgestel omdat hy “tyd nodig het vir ’n deurdagte besluit”. Die seun het daarna vir die eerste keer emosie getoon en trane in sy oë gekry toe hy hoor hy moet nog tot minstens dan in aanhouding in ’n plek van veiligheid bly. e-pos artikel Druk artikel KRY BEELD OP: Jou selfoon Jou Facebook-profiel DEEL: Yahoo Google Hy beklemtoon sou ’n skuldigbevinding gemaak word, sal ’n sielkundige evaluasie net so noodsaaklik wees om ’n bydrae tot die aard en duur van die vonnis te lewer. Die beskuldigde se borgtogaansoek word aanstaande Maandag hervat. Volksblad Verdagte 'glimlag toe hy nuus oor radio hoor' 2012-08-24 12:06 Artikelopsies Deel Kry Beeld op Verwante skakels Griekwastad: staat staan borgtog teen Vas oor kruit op klere Steenkamp-moorde: staat se getuienis bestudeer Charné Kemp GRIEKWASTAD. – Die ondersoekbeampte in die Griekwastad-moordsaak, kol. Dick de Waal, het Vrydag getuig Marthella Steenkamp is vier keer geskiet, onder meer in haar bors. Hy het getuig op die tweede dag van borgaansoek van die minderjarige wat verdink word van die drie moorde op die Steenkamp-gesin. Hy het getuig Christel Steenkamp is in die rug en in die nek geskiet. Deon Steenkamp het wonde aan sy regterskouer, regs aan sy bors en agter sy linkeroor gehad. Hy het getuig die twee vuurwapens waarop beslag gelê is, is waarmee die Steenkamps vermoor is. Dit blyk die oorledenes is met 'n .357 Magnum doodgeskiet voordat 'n .22 gebruik is om "seker te maak". Daar is ook geen "vreemde DNS" op die twee vuurwapens gevind nie. De Waal het gesê meer as 72 DNS-monsters is getoets omdat dit 'n hoëprofiel-saak is. Gewoonlik toets hulle net drie. De Waal het erken dat as die seun op borgtog vrygelaat word, hy glad nie met bewyse of getuies mag inmeng nie. Maar hy het gesê hy staan steeds borgtog teen. Dit was gruwelike moorde en die staat het 'n verantwoordelikheid om die gemeenskap teen sulke mense te beskerm. “Hy het die Steenkamps tereggestel . . . Ek kan niemand se veiligheid waarborg nie, sou die seun vrygelaat word.” De Waal het getuig die verdagte het geen emosie getoon toe hy Dinsdag in hegtenis geneem is nie, maar terwyl hulle na Kimberley gery het ná die arrestasie, is nuus daaroor op die radio uitgesaai. De Waal het gesê hy kon in die truspieëltjie sien hoe die verdagte glimlag. Die verrigtinge het Donderdagoggend dramaties begin met 'n ligte relletjie tussen die staat en verdediging oor die beskuldiging dat die staat 'n dik lêer vol getuienis en 'n groot hoeveelheid inligting eers gisteroggend aan die verdediging gegee het. Minder mense as die vorige dag het gister by die landdroshof opgedaag. Die verrigtinge het omstreeks 09:30 begin nadat adv. Willem Coetzee en Stoffel de Jager vir die verdediging met die beskuldigde vergader het. Die beskuldigde het 'n wit-en-beige streeptrui en swart jeans gedra. Hy het gespanne gelyk en water uit 'n bottel gedrink nadat hy iets in vriende se oor gefluister het. Staatsadvokaat JJ Cloete het die verrigtinge begin deur te sê De Waal gaan 'n verklaring van 20 getikte bladsye voorlees. Hy wil ook drie foto-albums met getuienis voorlê om die borgaansoek teen te staan. Cloete het kapsie gemaak teen Coetzee se beskuldiging dat hy skielik die getuienis op hom gegooi (gedump) het. Die staat voer aan dat net soos hy nie geweet het wie die verdediging gaan roep as getuies nie, hy dit ook nie kan doen nie. Dit is reg as deel van sy strategiese beplanning. Cloete het wel De Waal se verklaring eergister beskikbaar gehad, maar wou eers die getuienis van die verdediging aanhoor voordat hy 'n besluit sou neem. Die saak is nog nie in die verhoor-fase nie en die verdediging het nie toegang tot die dossier nie. Dit sal die hof, landdros en getuienis verontrief as die saak tot Maandag uitgestel word soos die verdediging versoek het. Hy sal eerder voorstel dat die verdediging na sy getuienis luister en die naweek voorberei vir Maandag se kruisondervraging. Coetzee het gesê hy kon slegs vlugtig na die dokumente kyk. Hy moet dit eers deeglik bestudeer en hom van die feite en bewerings vergewis. Daar is ingewikkelde deskundige getuienis en verwysings. Hy wil besluit watter getuienis toelaatbaar is en watter nie sodat die minderjarige nie benadeel word nie. Voorbereiding sal hom help om deeglik te kruisondervra. Hy is bevrees sy kliënt word benadeel deur die gebrek aan tyd om die staat se getuienis te bestudeer. Dit kom voor of die staat nou reeds die hoofgetuienis van die verhoor aan die hof wil voorlê. Landdros Sipiwe Maswi het gesê die staat het wel die verdediging verras. Hy het Coetzee gevra of hy nie eerder dadelik na die dokumente wil kyk nie sodat hy kan besluit watter getuienis toelaatbaar is en sodat die getuienis kan voortgaan. Maswi kan nie sien hoekom die staat nie De Waal se getuienis kan aanbied nie. Die hof het daarna tot 11:00 verdaag. VOLKSBLAD 2012-08-22 06:01 Artikelopsies Deel Kry Beeld op Verwante skakels Griekwastad-moorde: minderjarige in hegtenis Griekwastad-moorde: 2de Lotz-saak? Mike van Rooyen, Kaydene Jordaan en Charné Kemp Bloemfontein. – Die uitslag van forensiese toetse het daartoe gelei dat die polisie gister ’n 16-jarige seun in hegtenis geneem het weens die skokmoorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad. Hulle is op Goeie Vrydag in hul plaashuis doodgeskiet. Blykbaar is kruit op die seun se klere gevind en sy vingerafdrukke was op die twee wapens wat vermoedelik in die skietery gebruik is. Die polisie het op die uitslag van dié toetse gewag voordat hulle ’n inhegtenisneming kon doen. Die feit dat dit nou gebeur het, dui daarop dat die uitslag hom waarskynlik verbind met die skietdood van Deon (44) en Christel Steenkamp (43) en hul dogter, Marthella (14). Hulle is op 6 April op die plaas Naauwhoek, sowat 9 km buite die dorp, vermoor. Die egpaar se seun, Don, is die enigste oorlewende van die treurspel. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vroeër vandeesmaand gesê ’n besluit oor vervolging sal geneem word op grond van die getuienis wat die polisie ingesamel het. “Ons wil seker maak die saak is sterk genoeg om in die hof te staan. Die bewyse moet waterdig wees om suksesvolle vervolging te verseker.” Die seun is gister kort ná 09:00 by sy skool in hegtenis geneem. Kapt. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, het bevestig die Valke het gisteroggend ’n minderjarige in Bloemfontein in hegtenis geneem. Volgens die tiener se skoolhoof het die polisie hom gevra om die kind na sy kantoor te ontbied. “Hulle het hom toe in hegtenis geneem op drie klagte van moord.” Die seun is na die kantoor van die Valke in Kimberley gebring, waar lang samesprekings gevoer is tussen onder andere die polisie en sy regsverteenwoordigers. Die seun was ook teenwoordig. Stoffel de Jager, prokureur, en adv. Willem Coetzee, wat die minderjarige verteenwoordig, het sy inhegtenisneming onder andere met staatsadvokaat ­Tanya Birch en haar span bespreek. Hy sal nou Donderdag in die hof in Griekwastad verskyn en om borgtog aansoek doen. Beeld het verneem landdros Christo Els van Griekwastad, wat die vermoordes geken het, het verkies om nie op die bank te wees wanneer die seun verskyn nie. Hy sal daarom voor ’n landdros van ’n buurdorp verskyn. Die seun is gistermiddag na ’n plek van veiligheid gebring, waar hy aangehou sal word. Volksblad Die seun Bloemfontein. – Hy is ’n baie stil en oulike seun wat op sy plek is, sê mnr. Johan Volsteedt, hoof van Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein, oor die 15-jarige Don Steenkamp, wie se gesin op hul plaas buite Griekwastad uitgewis is. Don is ’n gr. 10-leerling aan dié skool en is in die koshuis. “Hy het baie geskok geklink toe ek Saterdagoggend ná die voorval met hom oor die foon gepraat het,” sê Volsteedt. Hy het Don weer eergisteraand probeer bel, maar die seun het nie sy selfoon geantwoord nie. “Ons dink aan hom en sodra die skool Dinsdag begin, sal ons meer weet van die begrafnisreëlings, waarna die skool verdere reëlings sal tref.” Volsteedt sê net hy mag in sy hoedanigheid as skoolhoof inligting oor Don aan die media verskaf en nie personeel of leerlinge van dié skool nie. Volsteedt sê hy het eergister ook heelwat SMS’e van ouers en oud-Grey-leerlinge ontvang nadat die nuus van die Steenkamp-moorde per SMS en in sosiale netwerke versprei het. “(Die voormalige Olimpiese swemmer) Ryk Neethling het ook gebel en gesê as daar iets is waarmee hy kan help, moet ek hom net laat weet.” Volgens Volsteedt is Don baie lief vir perde en hy neem gereeld aan uithouritte deel. Don Steenkamp (15) voor die polisiekantoor in Griekwastad by mnr. Ben Heckroodt en sy vrou, Hannelie. Die dogter Bloemfontein. – “Sy was ’n geliefde Oranje-ster,” sê mej. Mariehetta Matthee, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, oor Marthella Steenkamp (14), wat saam met haar ouers op hul plaas buite Griekwastad doodgeskiet is. Marthella was ’n gr. 9-leerling aan dié skool en ’n geliefde koshuiskind, wat harte deur haar deelname aan skoolbedrywighede gewen het, sê Matthee. Sy het in die klas, op die sportveld en as perderuiter uitgeblink. “Sy was ’n kranige perderuiter en sou dié kwartaal verder aan Suid-Afrikaanse perdry deelgeneem het.” Matthee sê Marthella het verlede jaar ook die Vrystaat-gimkanaspan gehaal. Sy het vir die skool netbal gespeel en was ook lid van die tennisligaspan. “Marthella is vanjaar in die skool se o.15A-netbalspan ingesluit.” Matthee sê Marthella het ook op akademiese gebied gepresteer. “Sy het verlede jaar akademiese erekleure met nege vakonderskeidings ontvang.” - Christal-Lize Thomas Volksblad KOMMENTAAR DEUR SONNY Wat sou die moetiewe vir hierdie grusame moord wees? HOE LANK HET DIE MOORDENAAR HIERDIE MOORDE BEPLAN? GESINSMOORDE NEEM TOE IN SUID-AFRIKA. WAT STAAN HY TE WEN NA HIERDIE GRUSAME MOORDE? Die antwoorde sal duidelik word tydens sy verhoor! Dit hou nie verband nie maar Hansie Cronje was ook op Grey Kollege.

No comments:

Post a Comment