Sunday, October 28, 2012

News 28 October 2012 Zapiro wins against Zuma


News 28 October 2012 Late on Friday the 26th October, Zuma and his legal team capitulate. They withdraw all charges leaving Zapiro, Sunday Times and their legal team the victors. Was this a case of poltical bullying and intimidation? Zuma capitulates in trial against Zapiro and Sunday Times In this cartoon Zapiro thanks the Sunday Times and the great legal team. TIMES LIVE Eis teen Zapiro verminder 2012-10-27 23:57 Artikelopsies Deel Kry Rapport op Llewellyn Prince Pres. Jacob Zuma wil sy lastereise teen die spotprentkunstenaar, Jonathan Shapiro, tot ná Mangaung uitrek omdat die verhoor dalk skadelik kan wees vir sy kanse om as ANC-leier herkies te word. Shapiro, beter bekend as Zapiro, het só gesê aan Rapport op die vooraand van die lastereisverhoor teen hom. Dit moet môre in die Johannesburgse hooggeregshof begin. Dié hofsaak, waarin Zuma nou R100 000 van ’n aanvanklike R5 miljoen van Zapiro eis, spruit uit ’n spotprent in 2008 waarin Zuma uitgebeeld word dat hy “Lady Justice” wil verkrag, terwyl leiers van die alliansie haar op die grond neerpen. Shapiro sê Zuma se prokureurs weet al sedert Februarie dat die verhoor verlede Donderdag moes begin het. Daar is om uitstel gevra weens Zuma se presidensiële verpligtinge en omdat Vrydag ’n Moslem-vakansiedag was. Sy prokureurs hang dié geloof aan. Shapiro sê egter die “taktiek wat hulle gebruik is om die hofsaak te behou, maar om dit tot ná Mangaung uit te stel, want dit kan skadelik wees vir Zuma se kanse om herkies te word”. “Die kern van die kwessie wat in die hofsaak sal uitkom, is dat ons bedoeling met die spotprent was om te wys hoe Zuma die regstelsel geboelie het sodat die korrupsie-aanklagte destyds teen hom laat vaar is.” Shapiro sê Zuma het nou ook die gedeelte oor die skending van sy menswaardigheid uit die eis laat vaar, maar hou steeds vol sy reputasie is geskaad. “Dit is om hom uit die getuiebank te hou, want as sy menswaardigheid geskend is, moes hy getuig.” Shapiro sê Zuma wil blykbaar die R100 000 aan welsyn skenk as hy die saak wen. “Hulle verwag egter steeds ’n verskoning van my kant af. Ek volstaan egter met dit wat ek in die spotprent gesê het.” Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, wou nie sê of Zuma die eise in sy persoonlike of amptelike hoedanigheid ingedien het nie. Indien Zuma vir Shapiro in sy amptelike hoedanigheid dagvaar, moet die staat en indirek belastingbetalers, vir die president se regskostes opdok. “Ek weet niks van die sake nie. Praat maar met die prokureurs daaroor.” Michael Hulley, Zuma se prokureur, het gevra dat Rapport hom terugbel, maar het nie later sy telefoon beantwoord nie. Dié aangeleentheid is een van talle lastereise wat Zuma teen media-instellings, sportprentkunstenaars en politieke kommentators ingedien het. Die omvang van die eise beloop na bewering sowat R50?miljoen, terwyl sommige sake reeds geskik is. Willem de Klerk, Media24 se prokureur, sê Zuma se sake teen Rapport en die Sunday Sun sloer ook al vir lank. “Dit lyk of Zuma geen ernstige bedoelings het om die eise af te laat handel nie. Dit laat mens wonder oor sy motiewe.” Volgens De Klerk eis Zuma tans gesamentlik R15 miljoen van Rapport en Sunday Sun in drie afsonderlike lastereise. Rapport COMMENTS BY SONNY If Zuma pursued this civil action against Jonathan Shapiro (Zapiro) he would have committed political suicide! At the moment he is sitting in a "Bantu Pot" waiting for SA to light the fire of redemption! Until now he has brought our economy to a stand still. If he continues to be president South Africa is DOOMED!! HIS TIME IN POWER HAS COME AND GONE........ Zuma must not think this decision will change the minds of his opposition

No comments:

Post a Comment