Tuesday, December 9, 2014

Hoe polisielede tussen 2007 en 2012 13 438 wapens verloor het

Geen drama sonder misdaad nie........



Word ál meer in misdaad gebruik





Leanne George  8 Desember 2014  00:50










‘Stel syfers beskikbaar’
Sedert die teenkorrupsieeenheid in 2003 ontbind is, is daar geen sentrale eenheid wat die omvang van polisie-korrupsie ondersoek nie.
“Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) maak die afgelope twee jaar syfers bekend oor hoeveel ondersoeke teen polisielede gedoen is, maar dis nie ’n druppel in die emmer teenoor hoeveel korrupte polisielede daar waarskynlik werklik is nie,” sê dr. Johan Burger.
“Die polisieminister moet syfers beskikbaar stel oor hoeveel polisielede elke jaar aangekla of vervolg word weens die onwettige verkoop of verhuring van hul wapens.”
Die Valke ondersoek wel korrupsie in hul eie eenheid, asook onder hooggeplaaste lede in die res van die polisie, sê Burger.
Korrupte polisielede word ’n al hoe groter bron van wapens vir misdadigers.
’n Aanduiding van dié kommerwekkende neiging is die soort wapens wat tans gewild is onder misdadigers.
“Deesdae gebruik misdadigers R4- en R5-aanvalsgewere wat (onderskeidelik) deur die weermag en polisie gebruik word en nie deur private persone besit mag word nie. Dit dui daarop dat misdadigers toenemend op die polisie staatmaak om dié wapens in die hande te kry,” sê dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS).
Burger sê gewapende rooftogte – soos bank- en transitorooftogte – is tot so tien tot 15 jaar gelede nog hoofsaaklik met AK47-aanvalsgewere uitgevoer.
Dié wapens was onder meer afkomstig van wapen­opslagplekke in Mosambiek.
Die beskikbaarheid daarvan het egter afgeneem vanweë operasies soos Operasie Rachel, waartydens die Suid-Afrikaanse en Mosambiekse polisie wapens wat in die burgeroorlog in Mosambiek naby die grens geberg is, vernietig het.
“Dit het al in hofsake aan die lig gekom dat sommige misdadigers wapens by polisielede huur. Polisielede wat self misdade pleeg, gebruik natuurlik ook hul eie wapens.”
Syfers wat Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, op versoek van die VF+ in die parlement bekend gemaak het, dui daarop dat die getal wapens wat gesteel en verlore geraak het, afgeneem het.
Daarvolgens is 8 475 vuurwapens in die 2010-’11-boekjaar gesteel of verloor, terwyl 4 209 in 2013-’14 gesteel of verloor is.
Die probleem is dat net gemiddeld 10% van alle gesteelde of verlore wapens steeds teruggevind word, sê Burger.
“Dit beteken 90% daarvan beland stééds in misdadigers se hande.”
Nathi Mthetwa, Nhleko se voorganger, het maatreëls ingestel om strenger op te tree teen polisielede wat hul vuurwapens verloor.
Dianne Kohler Barnard, DA-woordvoerder oor polisie, sê daar word egter net teen een uit 100 polisielede opgetree wat hul wapens as verlore aanmeld.
“Polisielede het tussen 2007 en 2012 13 438 wapens verloor. Sommige verskaf as amptelike rede dat hulle hul wapens in die toilet ‘vergeet’ het.
“Ek wag steeds op ’n antwoord van die minister om te hoor of daar spesifieke lede is wat hul wapens telkemale verloor, want die vermoede bestaan dat sekere polisielede hul wapens aan misdadigers verkoop en dit dan bloot as verlore aanmeld.”
Burger sê daarom is daar eintlik geen afskrikmiddel vir polisielede wat wapens aan misdadigers verskaf nie.
Dr. Pieter Groenewald, die VF+ se woordvoerder oor polisie, sê: “Uitsprake dat daar te veel private vuurwapeneienaars is en dit geweldmisdaad in die land bevorder, is totaal onwaar.”

NETWERK 24



KOMMENTAAR DEUR SONNY


JA NEE DIE POLISIE MOET LEER OM TE BESKERM EN NIE KRIMINELE DADE TE PLEEG NIE!

AS DIE BAAS STEEL, STEEL ALMAL!!

No comments:

Post a Comment