Tuesday, December 9, 2014

Oscar: Staat doen aansoek om appèl teen vonnis (twiets)

No second chance for NPA........




Jeanne-Marié Versluis  8 Desember 2014  08:37




                                                 Barry Roux en sy span kom Dinsdagoggend by die hooggeregshof in Pretoria vir die hofverrigtinge aan. Foto: Theana Breugem




Adv. Gerrie Nel, vir die staat, doen Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria voor regter Tkokozile Masipa aansoek om teen Oscar Pistorius se vonnis te appelleer en om regsvrae oor Masipa se uitspraak in die Pistorius-saak aan die appèlhof te kan stel.
Masipa het Pistorius (28) op 21 Oktober vanjaar in die hooggeregshof in Pretoria ingevolge ’n bepaling van die Strafproseswet gevonnis tot vyf jaar tronkstraf, waarvan hy ’n sesde (tien maande) moet uitdien voordat hy moontlik op korrektiewe toesig vrygelaat kan word.
Sy het hom vroeër in haar uitspraak aan strafbare manslag skuldig bevind weens die skietdood van sy meisie, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie verlede jaar.
Die staat meen Masipa het ’n regsfout begaan deur Pistorius aan strafbare manslag skuldig te bevind, pleks van moord (dolus eventualis).
Die staat meen ook Pistorius moes skuldig bevind word aan die onwettige besit van ammunisie in sy huis (wat Pistorius aanvoer sy pa se ammunisie was).
Die staat se kapsie teen die vonnis is dat dit “skokkend lig” is en nie deur enige redelike hof opgelê sou word nie.
(Volg die twiets onderaan hier bladsy).
​Wat gebeur vandag?
Die staat en verdediging moet voor die tyd hul skriftelike betooghoofde in ’n aansoek om verlof tot appèl by die hof indien. Die partye lig dit dan in die hof toe. Geen getuienis word vandag gelei nie.
Die argumente behoort binne ’n dag afgehandel te word, het Elzabe Brink, ’n strafregprokureur van Pretoria, gesê.
Pistorius hoef nie vandag in die hof te wees nie en dit is onwaarskynlik dat hy van die tronk hof toe gebring sal word.
Brink het gesê regter Thokozile Masipa behoort aan die staat verlof te gee om die regsvraag oor dolus eventualis te verken sodat daar uitklaring daaroor kan kom. Brink meen die skuldigbevinding aan strafbare manslag en Pistorius se vonnis is gepas.
Adv. Johann Engelbrecht SC meen die staat wil van feitebevindings regsvrae maak.
“Die kruks van die saak is of dit wel regsvrae is. Op die feite is bevind Pistorius was nalatig (dus skuldig aan strafbare manslag). Ek weet nie hoe die staat verby dié feite gaan kom nie.”
Volgens Engelbrecht het Masipa die begrip dolus eventualis behoorlik vertolk.
Hy het gesê indien die staat nie teen die meriete van die saak mag appelleer nie, mag hulle dalk steeds verlof kry om teen die vonnis te appelleer.



Only in South Africa - where the prosecution (NPA) demands a second chance at JUSTICE?

No comments:

Post a Comment