Thursday, October 4, 2012

Polisiemanne in aparte voorvalle in JHB doodgeskiet


2012-10-04 11:00 Verwante skakels Nóg twee polisiebeamptes sterf in Kenia Man sterf in plas bloed ná rooftog by huis in Brits Twee sterf in transito-roof by bank Johannesburg – ‘n Polisiebeampte en ‘n metro-polisiebeampte is in twee aparte voorvalle in die stad doodgeskiet. Volgens die polisie is ‘n Hillbrow-polisieman doodgeskiet terwyl ‘n ander een in die Johannesburgse middestad gewond is. Dié voorval het Woensdagaand plaasgevind. Lt.kol. Lungelo Dlamini sê dié polisiebeamptes het ‘n woonstelblok verlaat toe hulle geskiet is. Dlamini sê die 30-jarige sersant het op die toneel gesterf. Sy kollega, ‘n 37-jarige reservis, is gewond en na ‘n hospitaal geneem. Hy sê die sersant het sy uniform aangehad, maar die reservis het gewone klere gedra. Geen verdere inligting in verband met dié voorval is bekendgemaak nie. Intussen het die stad se metro-polisie gesê ‘n metro-polisiebeampte het Woensdag ná ‘n skietery in Roodepoort in ‘n hospitaal beswyk. “Die beampte het in die hospitaal gesterf nadat hy in ‘n kritieke toestand opgeneem is,” het supt. Wayne Minnaar gesê. “Dis al wat ons op die oomblik kan sê.” Die rower het teen die beampte se motorfiets vasgery toe die man in ‘n bakkie op die vlug geslaan het. Die man het ná ‘n rooftog by die Flora-winkelsentrum gevlug. Die botsing het in ‘n skietery ontaard, waarin albei gewond is. Minnaar sê die vermeende rower is steeds in die hospitaal en sal in die hof verskyn sodra hy aangesterk het. Polisiebeamptes ondersoek die saak. Volg Nuus24 op Twitter nuus24 - - Kommentaar deur sonny - - HIERDIE TERRORISTE GEBRUIK STAASTSWAPENS - R-5's - OM ONS POLISIEMANNE AF TE MAAI. WIE SIT AGTER HIERDIE MOORDE? HULLE IS NIE GEWONE MISDAADIGERS. WAT DOEN DIE ANC REGERING OM HIERDIE MOORDE TE BEKAMP? FOKKOL!! WORD WAKKER MY VOLK - DIS KLAAR TE LAAT!! ONS SIEN N DERDE MAG HIER BEDRYWIG!!

No comments:

Post a Comment