Saturday, October 20, 2012

Wapenlisensies: Sake glo beter


2012-10-19 22:41 Artikelopsies Deel Kry Volksblad op Tobie Bird, ’n wapenversamelaar van Ladybrand, kol. Daniel Dolo, van die sentrale wapenregister in Pretoria, en Francois Jacobs, prokureur op Ladybrand, op die vergadering oor vuurwapenlisensies op Ladybrand. Foto's · Lesersfoto’s · Volksblad in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's Maryke Swart LADYBRAND. – Ná die groot probleme en gesloer met vuurwapenlisensies, lyk sake nou beter. Op ’n vergadering vandeesweek hier waar kol. Daniel Dolo van die sentrale vuurwapenregister inwoners toegespreek het, was hier min klagtes en baie lof, veral vir Dolo wat vir lisensie-aansoeke in die Vrystaat en Oos-Kaap verantwoordelik is. Ook Danie Venter, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jag- en wildbewaringsvereniging (Sajwv), het by navraag gesê die goedkeuring van vuurwapenlisensies is nou vinniger. Hy sê dit is sedert personeel van die sentrale vuurwapenregister nouer saamwerk met aansoekers wat probleme het. Oplossings word vinniger gekry. Die administrasie is beter, het hy gesê. Dolo het gesê sedert Januarie is sowat 5000 aansoeke in die Vrystaat afgehandel. “Ons probeer aansoeke so vinnig moontlik afhandel. “Solank daar goeie kommunikasie is, sal die diens aanhou verbeter en kan navrae vinniger hanteer en afgehandel word. “Mense moet hul klagtes indien. Hulle moet nie stilbly oor die probleme nie. Ons wil die beste diens lewer.” Francois Jacobs, ’n prokureur op Ladybrand, het gesê hoewel daar steeds probleme is met aansoeke wat wegraak of redes wat nie vir die afkeuring van lisensies verskaf word nie, is daar beslis nog mense in die polisie wat die ekstra myl stap om die proses te vergemaklik. Dolo is een van hulle. Die inwoners op die vergadering – die meeste van hulle wapenversamelaars – het geen klagtes gehad nie en was vol lof vir Dolo en sy span. Tobie Bird, ’n versamelaar, het gesê: “In die verlede het aansoeke tot twee jaar gevat, nou vat dit hoogstens twee maande. Hy (Dolo) stap die ekstra myl met jou. Sy houding is reg en hy is bereid om te help.” Dolo het gesê hy moet erken daar is steeds gevalle waar aansoeke wegraak en die proses vertraag word omdat ’n afskrif van die aansoek dan weer ingedien moet word. Nog redes vir vertragings is aansoekvorms wat verkeerd ingevul word, die reeksnommers van wapens wat in aansoeke ontbreek en skelm handelaars wat dieselfde wapen aan verskillende mense verkoop in die hoop dat daar sal fout gaan met die kopers se lisensie-aansoeke. Hy het gesê kopers moet druk op handelaars vir ’n 350-vorm waarop bevestig word dat die wapen aan hulle verkoop is. Dolo het die afgelope week ook inwoners van Phuthaditjhaba, Bloemfontein en Welkom toegespreek. Volksblad Kommentaar deur Sonny - - - - - Dankie Kolonel Dolo vir die puik diens wat jy lewer.

No comments:

Post a Comment