Saturday, June 12, 2010

Klip in die bos, HectorspruitRapport-gebruiker Artikelopsies Deel Kry Rapport op Goeie gesindheid in SA wag op ontginning



deur Klip in die bos, Hectorspruit

2010-06-12 15:00

Die Super14-reeks is verby, maar die twee rugbywedstryde in die Orlando-stadion het aan alle regdenkende Suid-Afrikaners wat nie soos flou makoue in die verlede wil bly lê en skrop nie bewys dat daar ’n wonderlike gevoel van goeie gesindheid en samehorigheid in ons land lê en wag om ontgin te word.

Natuurlik het ons die groepies wat vasgevang is in die verlede van haat en vergelding, diegene wat gereed staan met die geweer in die hand en wag op die bevel van oorlog van hul Don Quixote-opperbevelvoerders. Dié wat sê hulle veg vir ’n toekoms vir hul kinders moet besef dat geen oorlog ooit geregverdig kan word nie. Hul kinders sal ’n bankrot land met ’n verskroeide aarde erf waarop hulle jare ná hierdie ouers se dood sal moet worstel om ’n bestaan te voer.

Ek is seker dat ’n referendum onder al die bevolkingsgroepe sal bewys die meerderheid wil hande vat om saam in vrede en eensgesindheid aan die toekoms te bou.

16 Desember is in die verlede Geloftedag genoem en vandag noem ons dit Versoeningsdag. Maar hoeveel bewyse van versoening vind op daardie dag by die Voortrekkermonument, wat die simbool is van die herdenking van Geloftedag, plaas? Wat beteken die toesprake wat daar gehou word vir die toekoms van ons land?

Om 12:00 val die sonstraal op die sarkofaag se letters: “Ons vir jou Suid-Afrika.” Wie is die ons in ons nuwe Suid-Afrika? Kom ons verander die “ons” na “elkeen”. Kom ons reël dat daar vanjaar op 16 Desember om 12:00 jong mense van al ons rassegroepe rondom die sarkofaag staan. Laat hulle hande vat wanneer die sonstraal die sarkofaag verlig en laat ons almal saam ons gesamentlike Volkslied sing.

Met hierdie gebaar sal ons finaal kan wegbreek van ons verlede van haat en verdrukking en saam voortbeweeg na ’n toekoms wat wag om ontdek te word.

Beoordeel hierdie artikel:12345

Rapport

Kommentaar deur Sonny

Laat u oordeel vir 'n nuwe toekoms vir Suid-Afrika!

Ons sal opstaan vir ons regte hier!

No comments:

Post a Comment