Sunday, July 25, 2010

Max du Preez dra oud-spioen se kis





Max du Preez dra oud-spioen se kis
2010-07-23 22:49
Artikelopsies Deel Kry Beeld op

’n Skets van John Horak

Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's

Philip de Bruin
Twee van sy laaste wense voor die dood van mnr. John Horak, oud-mediaspioen, gaan bewaarheid word.

Die oud-koerantredakteur Max du Preez gaan een van die draers op sy begrafnisdiens wees.

Ná sy verassing gaan sy as op die sportvelde van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley gestrooi word. Horak het sy skoolopleiding daar ontvang.

Horak (70) het Woensdagmiddag kort ná ’n botsing in Dannweg, Glen Marais, Kempton Park, in die Milpark-hospitaal in Johannesburg weens veral erge breinbeserings gesterf.

Nadat hy as spioen sy dekades lange infiltrasie van die Suid-Afrikaanse media laat vaar het, is hy Londen toe. By sy terugkeer het hy as kantoorbestuurder by die Kempton Parkse prokureursfirma Joubert Scholtz begin werk.

Hy het aan die firma ’n koevert gegee met sy laaste wense wat ná sy dood oopgemaak moes word.

Een daarvan was dat Du Preez ’n draer by sy begrafnis moet wees.

Du Preez het gister bevestig dat hy dit as ’n eer beskou en beslis ’n draer sal wees.

Dr. Gert Horak, John se broer, van die Volle Evangelie-kerk in Bloemfontein sal die roudiens Woensdagmiddag om 14:00 uit die AGS Synnyside op die hoek van Troye- en Kotzestraat lei.

BEELD

Comments by Sonny

Colonel HORAK, Sir, Our man in the Media, we will remember YOU!

Go in peace and greet all our fallen comrades where you are going!

Eulogy

John, You moved in and out of the shadows
Sometimes in awkward places
Sometimes under pressure
Never alone


You were rewarded by your handler
You are now to meet again!
God speed and drive safely!

The chariot awaits your departure!
See you on the other side!

RIP

© Billy Cox 2010

No comments:

Post a Comment