Thursday, March 14, 2013

SA gelooi oor vlugte se veiligheid

Geen Gevaar, Geen rampe...........







2013-03-14 23:46
Twee Australiese parlementslede het onlangs in dié land se parlement uitgevaar teen Suid-Afrika se beweerde swak vliegveiligheidsprosedures.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het gesê dié bewerings is ongegrond.

Judi Moylan, LP, en Gary Gray, spesiale minister van staatsaangeleenthede, het verwys na ’n vliegongeluk wat in 2004 by die Victoria-waterval in Zambië gebeur het.

Die ongeluksvliegtuig was in Suid-Afrika geregistreer en het met ses buitelanders neergestort toe die skroef op ’n hoogte van 2 400 m afgeval het.

Die vliegtuig is deur Nelair in Nelspruit versien. Gray het hom veral uitgespreek teen die feit dat dié maatskappy glo onder ’n ander naam toegelaat word om steeds vliegtuie te versien.

Gray het beweer die onderneming was ook betrokke by twee ander vliegongelukke.

Die ongeluk in Zambië het tot die dood van drie Australiërs, twee Britte en die Kanadese vlieënier gelei.

Volgens Gray beywer die families van die Australiërs hulle sedertdien daarvoor om te verseker dat ’n soortgelyke ongeluk nie weer gebeur nie.

Volgens Moylan sleep die Suid-Afrikaanse regering hul voete om die skuldiges te vervolg. Sy het ook beweer van die bewysstukke in die saak het verlore geraak.

Phindiwe Gwebu, woordvoerder van die BLO, het in reaksie gesê Nelair se versieningslisensie is ná ’n uitgebreide oudit ná die ongeluk in 2004 teruggetrek.

Die onderneming het toe sy deure gesluit. Die bestuur het onder die naam van Solar Express Trading aansoek gedoen om met Nelair se versienings voort te gaan. Enkele maande later is dit egter ook gesluit.

Die BLO het die ondernemings deurentyd gemonitor.

’n Ander maatskappy op die Lanseria-lughawe, Raylen, het daarna die belange van sowel Solar as Nelair oorgeneem en ook van hul voormalige personeellede aangestel.

Volgens haar het die Zambiese lugvaartowerheid die ongeluk ondersoek en al die nodige dokumente vir die ondersoek in Suid-Afrika kom haal.

Die Australiese owerheid het die Suid-Afrikaanse vervolgingsgesag versoek om strafregtelike stappe teen Nelair se eienaars in te stel. Die gesag het egter ná oorweging van al die gegewens besluit dat niemand weens die ongeluk vervolg sal word nie.

“Daar was bewerings dat van die bewysstukke weggeraak het, maar Suid-Afrika is nooit hierby betrek nie.

“Die BLO se beleid is nie om lugvaartoperateurs ná ’n ongeluk te straf nie, maar om regstellende maatreëls in te stel om soortgelyke ongelukke te voorkom,” het Gwebu gesê. 

Die Beeld



Kommentaar deur Sonny


Dis Suid-Afrika waar alles toegesmeer word.

Daar is geen misdaad of Korrupsie in SA nie.

Die Australiese owerheid moet vir hul eie sake sorg.

Die 'AUSIES MOET ONTHOU DAT HUL VOORVADERS ALMAL IN DIE
GEVANGENIS WAS!'

1 comment: