Tuesday, April 13, 2010

Resident shot at security complex







Resident shot at security complex






Beeld
Pretoria - A 59-year-old man died on Monday after being attacked by two gunmen inside a Centurion security complex."It hurts, it hurts too much. I can't go on," Dave Bye mumbled to his wife on Monday, just before he died.Buy, who was also a businessman, died about 08:30 in the back yard of his house in a security complex in Clubview, Centurion, while his son and a paramedic tried to save his life.His wife, Adreen, was at the house at the time. The couple and Adreen's mother, Kysie Bruyns, 80, had only been living in the house for barely two months. Buy was presumably overpowered by two young men just after 08:00, while on his way to the garage.As always, he said goodbye to his wife in the house and locked the front door and gate behind him.He was on his way to two of his butcheries - in GaRankuwa, north of Pretoria, and Hebron, west of Soshanguve respectively. He had started running the butcheries after his retirement as technician at Denel.Bye was shot twice in the shoulder and once in the chest.According to the victim's youngest son, Quinten Buy, 26, who arrived at his parents' home just before 08:30 after an emergency call from his mother, one of the two attackers had a firearm and his father was shot during a struggle in front of the garage.A neighbour heard the three shots and immediately activated her house alarm, which sent the attackers running away empty-handed.A wounded Buy then ran around the house and collapsed on a small patch of grass in his back yard."I was at work when my mom phoned and said I must come home immediately. I didn't know why, but halfway there I phoned my grandmother and she just said my dad's been shot and it's very serious," said Quinten.Bruyns was standing in the kitchen and watching through the window as her son-in-law was attacked.According to Quinten, his dad's neighbour, a paramedic, was at the scene first and once he arrived she immediately called him over to help her perform CPR."Just hold on, just hold on, just hold on," she said to him while they both performed emergency treatment on Buy."But it didn't help, he died right there on the grass. He told my mother he's in too much pain, he can't carry on," said Quinten.Agnus Huma, spokesperson for the Wierda Bridge police station, confirmed the incident.She said it's thanks to Bruyns' detailed description of the men that two suspects - with an unlicensed firearm in their possession - were arrested shortly after the incident, about 1km from the scene.The police are apparently searching for two more attackers.Over 20 unused bullets were found in front of the garage.The two suspects will appear in the Pretoria Magistrate's Court on Wednesday.
- Beeld
Read more on: crime pretoria
----------------------------------------------------------
Ek het seer, té seer’2010-04-12 21:43
Mnr. Everard Bye (27) gister by sy ouerhuis in Centurion waar sy pa, mnr. Dave Bye, vermoor is. Foto: Theana CalitzFoto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto'sMia Willemse
‘Ek het seer, ek het té seer. Ek kan nie meer aangaan nie,” het ’n misdaadslagoffer gister in Clubview, Centurion, aan sy vrou geprewel. Toe is hy dood.Mnr. Dave Bye (59), ’n pensioentrekker-sakeman is gister omstreeks 08:30 in die agterplaas van sy huis in die Cormorandt-veiligheidskompleks dood terwyl sy seun en ’n paramedikus sy lewe probeer red het. Sy vrou, Adreen, was ook by. Die egpaar en mev. Buy se ma, mev. Kysie Bruyns (80), woon skaars twee maande lank in dié huis.Bye is vermoedelik net ná 08:00 deur twee jong mans oorval terwyl hy op pad was na sy motorhuis. Hy het oudergewoonte sy vrou in die huis gegroet en die voordeur en -hek agter hom gesluit. Hy was op pad na twee van sy slag-huise. Dié slaghuise is in GaRankuwa, noord van Pretoria, en Hebron, wes van Soshanguve. Bye het dit ná sy aftrede as tegnikus by Denel begin bedryf. Hy is deur die twee mans oorval en twee keer in die skouer en een keer in die bors geskiet. Volgens mnr. Quinten Buy (26), Buy se jongste seun wat kort voor 08:30 ná ’n noodoproep van sy ma by sy ouerhuis aangekom het, het een van die twee aanvallers ’n vuurwapen gehad en sy pa tydens ’n struweling voor die motorhuis geskiet. ’n Buurvrou het dié drie skote gehoor en onmiddellik haar huisalarm geaktiveer wat die aanvallers met leë hande op die vlug laat slaan het.’n Gewonde Bye het toe om die huis gehardloop en in sy agterplaas op ’n klein grasperkie inmekaargesak.“Ek was by die werk toe my ma my bel en sê ek moet dadelik huis toe kom. “Ek het nie geweet waarom nie, maar halfpad het ek my ouma gebel en toe sê sy net my pa is geskiet en dit is baie ernstig,” het Bye jr. gesê. Bruyns het in die kombuis gestaan en deur die venster die aanval op haar skoonseun gesien. Volgens Bye jr. was sy pa se buurvrou, ’n paramedikus, eerste op die toneel en toe hy daar aankom het sy hom dadelik geroep om haar met hartmassering te help.“Hou net aan, hou net aan, hou net aan,” het sy aan hom gesê terwyl hulle albei noodbehandeling op Bye uitgevoer het.“Maar dit het niks gehelp nie, hy is net daar op die gras dood. Hy het aan my ma gesê hy het te seer, hy kan nie aangaan nie,” het Bye jr. gesê. Kapt. Agnus Huma, woordvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor, het die voorval bevestig.Sy het gesê danksy Bruyns se goeie beskrywing van die mans is die twee verdagtes kort ná die voorval sowat 1km van die toneel af met ’n ongelisensieerde vuurwapen betrap en gearresteer. Na verneem word soek die polisie na nog twee aanvallers. Meer as 20 ongebruikte patrone is voor die motorhuis gevind.Die twee verdagtes sal môre in die Pretoriase landdroshof verskyn.

No comments:

Post a Comment