Friday, April 16, 2010

Zimbabwe Zim calls on SA to boost tourism





































Zimbabwe
Zim calls on SA to boost tourism
2010-04-16 23:12

Special Report
News
Features

Zim, UK maintain sour relations
Britain’s refusal to lift sanctions on Zimbabwe or to channel aid through its government remain sources of tension between Harare and its ex-colonial master, 30 years after independence.
Militants trap kids on Zim farm
Wanted: Hangman for Zim inmates
Mugabe: From liberation hero to 'tyrant'
Zimbabwe's crisis continues

Zim to relax security, media laws
Zimbabwe’s strict security and media laws criticised by opponents as undemocratic will be relaxed be the end of the year, an official document shows.
Zim cops seize pictures of repression
Zim's political situation 'fragile'
Mugabe: No gay rights in Zim
Mugabe's view on sanctions
Johannesburg - Zimbabwe would like to piggy-back on at least 30% of all tourists who visit South Africa, its tourism minister said on Friday."Minister (Walter) Mzembi said his country's vision is to intensify tourism co-operation between South Africa and Zimbabwe. He would like to see Zimbabwe secure about 30% of South Africa's international arrivals," said a statement released jointly by the South African and Zimbabwean tourism departments.Mzembi said that Zimbabwe would benefit from a partnership with South Africa as it was a means of attracting foreign visitors.Mzembi and SA Minister Marthinus van Schalkwyk addressed the media in Victoria Falls on Friday after a meeting to discuss a tourism agreement between the two countries.The Tourism Agreement outlines ways in which the two countries can work together to create jobs and promote tourism in both countries.South Africa and Zimbabwe are expected to sign the agreement in May at the National Tourism Indaba in South Africa.
- SAPA
Read more on: southern africa zimbabwe
---------------------------------------------------------------------------------------------
Militantes beset nóg Zim-plase
2010-04-15 23:31
Pretoria. – “Oorlogsveterane” het gister nog twee Suid-Afrikaanse plase in Zimbabwe oorgeneem, ondanks ’n ooreenkoms tussen dié twee lande dat Suid-Afrikaanse belange teen sulke oornames beskerm sal word.
Albei plase behoort aan mnr. Ian Furguson, wat tans ná ’n operasie in Pretoria herstel.
Een van sy seuns, Arthur, is gistermiddag op die een plaas in hegtenis geneem en na die Beitbrug-polisiekantoor geneem nadat hy geweier het om die plaas sonder sy gesin te verlaat.
Sy drie kinders van tussen vier en tien jaar is steeds op die plaas wat deur militantes beset word. Hul ma is op besoek aan Bulawayo en kan weens dié omstandighede nie na die plaas terugkeer nie.
“Dis malligheid. Ek is baie besorg oor die trauma wat my kleinkinders moet ervaar,” het die woedende oupa gesê. Die kinders is tans in die sorg van ’n werktuigkundige en sy vrou wat steeds op die plaas is. Hulle moet egter vandag weg wees, het die militantes gedreig.
Mnr. Ian Furguson jr., nog ’n seun van die eienaar, het gister uit Zimbabwe aan Volksbladgesê: “Die nuwe moeilikheid het begin ná die suksesvolle hofsake in Suid-Afrika (deur AfriForum).”
Dié keer is daar egter sterk aanduidings dat AfriForum se suksesvolle regsoptrede in Suid-Afrika en die beslaglegging op Zimbabwiese bates in Kaapstad ’n opportunistiese beweegrede vir oorname van die oorblywende 5% van Zimbabwiese plase in wit hande deur militante Zimbabwiërs geword het.
AfriForum se regsverteenwoordiger, mnr. Willie Spies, het gesê: “Daar ís ’n verband tussen ons optrede en dié reaksie. Ons tree juis daarom baie omsigtig op.
“Dis ’n moeilike dilemma. Onthou, 95% van (wit) boere in Zimbabwe het reeds alles verloor. Ons kan nie ter wille van die oorblywende 5% niks doen nie.”
Spies het gesê AfriForum het die Zimbabwiese landbouvereniging, die CFU, bedag gemaak op die moontlike negatiewe reaksie, maar die Zimbabwiese boere steun die voortgesette regsoptrede teen die regering van Zimbabwe desnieteenstaande.
“As ons egter agterkom dat mense besig is om seer te kry, sal ons die (regs)optrede staak.”
AfriForum en die CFU kom weer op 22 April byeen om oor die gevolge en hul voortgesette strategie in die lig van die nuwe ontwikkelings te beraadslaag.
In die jongste voorval is die Furgusons se lemoenplaas, waarop Arthur boer, én ’n aangrensende jagplaas van 17500ha met ’n geraamde waarde van R88miljoen beset. Dis net 46km van Beitbrug.
“Daar is meer wild op die plaas as in enige ander plek in Zimbabwe,” het Furguson sr. gesê.
In ’n vorige aanval is twee van die jagplaas se luukse jag-lodges, wat vir buitelandse jagters in stand gehou word, deur plaasbesetters gestroop.
“Hulle het alles gevat, van die wasbakke tot die vensterrame. Ons lodges is nou verwoes,” het Furguson sr. gesê.
Ian Furguson jr. het gisteroggend na Bulawayo vertrek om ’n interdik in die hooggeregshof teen die besetters te probeer kry.
“Ons het nie veel hoop op sukses nie. Hulle doen gewoonlik niks nie,” het hy gesê.
- Volksblad

No comments:

Post a Comment