Thursday, October 31, 2013

Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen - Griekwastad-verhoor uitgestel tot 4 November 2013




Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel tot 4 November 2013
Deur Suné van Heerden - Oktober 2013
Deel met ander:

Deon, Christelle en Marthella Steenkamp
Die hofsaak van ʼn 17-jarige seun wat van die moord op ʼn boer en sy familie van Griekwastad verdink word, sal uitgestel word, het die Nasionale Vervolgingsgesag Donderdag gesê.

Ná gesprekke Woensdag het regter president Frans Kgomo, en die verdediging- en die aanklaerspan ooreengekom om die saak tot Maandag, 21 Oktober uit te stel, het Mashudu Malabi, woordvoerder vir die provinsie, in ʼn verklaring gesê.

Geen redes is hiervoor verskaf nie. Die saak sal op 4 November in die hooggeregshof in Kimberley hervat.

Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek vermoor.

Malabi sê die hofsaak sal na verwagting die hele November-maand lank duur met ekstra datums in Desember indien nodig.





Deur Suné van Heerden op 24 April 2013
Deel met ander:


Deon, Christelle en Marthella Steenkamp.
Don Steenkamp, die seun van Deon Steenkamp, ‘n vermoorde boer van Griekwastad in die Noord-Kaap, is die enigste erfgenaam vir ‘n boedel van bykans R23 miljoen.

Die ouers se vuurwapens, insluitend die wapens wat vermoedelik in die moord gebruik is, is ook aan hom bemaak, het Beeld Woensdag berig.

Deon (44), sy vrou Christelle (43), en hul dogter Marthella (14) is op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet.

Beeld berig Deon en Christelle het ‘n gesamentlike testament gehad. Die bates in die boedel is R22 999 307 werd en die laste op ‘n enkele verband beloop R620 779. Ongeveer R6.7 miljoen kom uit Deon se lewenspolisse. Daar is ook ‘n Naauwhoek-trust met plase ter waarde van R7.6 miljoen en vee ter waarde van R1.2 miljoen wat Don sal erf.

Sy suster, Marthella, sou die Edelweiss-trust erf wat uit plase ter waarde van R6.4 miljoen bestaan, vee ter waarde van R960 150 en haar ma se juwele. Don sal nou ook haar deel erf.

Don sal die boedel erf sodra hy 21 jaar oud word.

‘n 16-jarige seun is vir die moorde in hegtenis geneem en het onskuldig gepleit. Die moordsaak sal na verwagting op 2 September hervat.
-SAPA

Lees ook:
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

Gepubliseer in Hoofnuus, Nuus, Suid-Afrika | Sleutelwoorde erf

No comments:

Post a Comment