Sunday, February 3, 2013

Sharemax ís aanspreeklik


Sharemax ís aanspreeklik

Feb 03 2013 07:57Adri van Zyl

VERWANTE ARTIKELS

Adviseur moet nóg geld teruggee

Sharemax-adviseur moet geld terugbetaal

Ombudsman, Deeb Risk gou in hof

TOP STORIES

Geen BBM op nuwe BlackBerry-fone

Feb 03 2013 08:10
Onbeperkte internet, kletsdiens vir nuwe fone afgeskaf.

Kuseiendomme sukkel om kop bo water te hou

Feb 03 2013 08:25
Die grootste prysdaling, 10,6% is aan die Weskus gemeet.

Nóg petrolskokke wag in Maart, April

Feb 02 2013 07:22
Volgende week se skerp prysstyging bied maar net 'n voorsmaak.
 Share Share line Print
Johannesburg. – Sharemax en sy direkteure kan aanspreeklik gehou word vir die optrede van makelaars wat sy produkte verkoop het en die verliese wat beleggers gely het.

Dít is die bevinding van Noluntu Bam, die ombudsman vir finansiële tussengangers en adviseursdienste (Fais), ná ’n wydlopende ondersoek na die manier waarop Sharemax bemark is.

’n Ondersoek wat begin het as ’n klag teen ’n finansiële adviseur wat beleggings in Sharemax verkoop het, het uitgeloop op ’n beslissing wat die deur oopmaak vir beleggers om eise in te dien teen die ­direkteure van Sharemax vir die verliese wat hulle gely het.

Bam het bevind dat die direkteure “roekeloos opgetree het en verantwoordelik gehou kan word vir die verliese van beleggers” en dat Sharemax se jongste sindikasies niks anders as ’n Ponzi-skema was nie. Die aanvanklike klag wat die kantoor van die Fais-ombudsman ondersoek het, was teen ’n ­finansiële adviseur (C.J. Botha) wat die enigste aftreegeld van ’n 78-jarige weduwee in die Zambezi- en The Villa-ontwikkeling van Sharemax belê het.

Later is nog ses respondente by die klag gevoeg: Sharemax Investments, FSP Network (’n makelaarsnetwerk wat as Unlisted Se­curities South Africa (USSA) sake gedoen het) en vier direkteure van Sharemax, Gert Goosen, Willie ­Botha, Dominique Haese en André Brand.

In die ondersoek het die kantoor van die ombudsman bevind dat USSA deur Sharemax gestig is met die uitsluitlike doel om sy produkte te bemark. Sonder dié netwerk van makelaars sou Sharemax volgens Bam nooit op dreef gekom het nie.

In die aanstelling van die makelaarsnetwerk het USSA egter die Fais-wet oortree en nie sy verpligtinge ingevolge die gedragskode vir finansiële adviseurs en tussengangers nagekom nie.

USSA was die finansiële instelling wat ’n lisensie van die Raad op Finansiële Dienste gehad het om ongenoteerde aandele en eiendomsindikasies te verkoop. USSA het dié lisensie gebruik om ander makelaars te magtig om Sharemax-produkte te kan verkoop.

Dit is wel toelaatbaar ingevolge die Fais-wet, maar dan bly die hooflisensiehouer verantwoordelik vir die optrede, toesighouding en opleiding van makelaars in die netwerk.

Die makelaars wat USSA ge­magtig het, was ongekwalifiseerd en nie gelisensieer om die Sharemax-produk te verkoop nie en daar was nie die nodige toesig óf op­leiding aan die kant van USSA nie, het Bam bevind.

Dié werkwyse het tot gevolg gehad dat “ongelisensieerde makelaars wat nie die produk (eiendomsindikasies) verstaan het nie, onder die publiek losgelaat is”. Daar was in ’n stadium 1 376 ­makelaars in die USSA-netwerk, van wie “nie een die produk verstaan het wat hulle hoofsaaklik aan pensioenarisse verkoop het nie”.

Toe die probleme by Sharemax begin, is USSA gelikwideer (ook strydig met die Fais-wet) en hy het sy verantwoordelikhede probeer ontduik deur te sê dat nie USSA óf Sharemax iets te doen het met die verskaffing van finansiële advies deur die onafhanklike makelaars wat die produk verkoop nie. Bam het dit verwerp as “vals tegniese argumente” in ’n poging van die direkteure om hul verantwoordelikhede teenoor die netwerk van makelaars te ontduik.

Bam sê voorts die direkteure behoort verantwoordelik gehou te word omdat hulle aangehou het om beleggers se geld te vat, al het hulle geweet dat Zambezi en The Villa nie kommersieel lewensvatbaar is nie.

Die ombudsman het die sewe respondente in die saak gelas om gesamentlik of afsonderlik ’n bedrag van R580 000 aan die klaer ­terug te betaal.

  • Die volledige beslissing is beskikbaar op die webwerf van die Fais-ombudsman by www.faisombud.co.za (klik op die skakel “determinations”).
  • Bel die Fais-ombudsman vir klagtes oor finansiële adviseurs en tussengangers by 0 0860 324 766 of 0 012 470 9080/99, stuur ’n faks na 012 348 3347 of ’n e-pos na ­info@­faisombud.co.za.


Die verlate gange van die Zambezi Mall, nog een van die mislukte Sharemax-sindikasies. Daar is bevind dat Sharemax en sy direkteure kan aanspreeklik gehou word vir die optrede van makelaars wat sy produkte verkoop het en die verliese wat beleggers gely het.
Foto: Brendan Croft





No comments:

Post a Comment